Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Steenkamp draf vir Skotse klub uit tydens WB
Ruan Steenkamp gaan die volgende paar weke vir Edinburgh in Skotland speel. Foto: Gallo Images

Ruan Steenkamp, losvoorspeler van die Bulle, het ’n korttermyn-kontrak met die Skotse rugbyklub Edinburgh gesluit.

Dié voormalige kaptein van die Junior Bokke, wat die Blou Bulle vanjaar in die Curriebeker-reeks aangevoer het, sal vir die loop van die Wêreldbeker-toernooi vir Edinburgh beskikbaar wees.

Steenkamp (26) sal in 2020 weer vir die Bulle in die Superreeks uitdraf.

“Dit is ’n eer om vir Edinburgh te kan speel en ek kan nie wag om by my nuwe spanmaats aan te sluit nie. Ek weet heelwat van die klub, aangesien ek al baie met van die Suid-Afrikaanse spelers in Skotland gesels het,” het Steenkamp in ’n verklaring gesê.

“Dit is ’n groot voorreg om die kans by so ’n geskiedkundige rugbyklub te kry en dit sal ook my eerste besoek aan Skotland wees.

“Ek wil die meeste van die geleentheid maak en ’n ander rugbykultuur ervaar.”

Pierre Schoeman, ’n voormalige spanmaat van Steenkamp van die Bulle, speel sedert verlede seisoen vir Edinburgh. – Sportredaksie

Meer oor:  Ruan Steenkamp  |  Skotland  |  Edinburgh  |  Bulle  |  Superreeks  |  Kontrak  |  Rugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.