Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Steenkamp wil vir VS én Bulle in CB speel

As dit daarop neerkom dat hy dieselfde seisoen vir die Vrystaat-Cheetahs én die Blou Bulle in die Curriebeker-reeks speel, dan moet dit so wees, anders speel hy dalk eers volgende jaar rugby, sê die slot Walt Steenkamp.

Walt Steenkamp maak gereed vir ’n oefening in die Toyota-stadion. Foto: Gallo Images

Die 25-jarige Steenkamp se kontrak met die Vrystaat verstryk op 31 Oktober en sy nuwe kontrak met die Bulle tree op 1 November in werking. Soos sake staan, moet hy op 1 November in Pretoria aanmeld, terwyl die Curriebeker-reeks dan reeds aan die gang behoort te wees.

“Al wat ek weet, is dat my kontrak met die Bulle op 1 November begin. As ek dan die eerste helfte vir die Vrystaat speel en dan die tweede hefte vir Bulle, dan moet dit so wees.”

Onder ander omstandighede sou die Suid-Afrikaanse Rugbyunie nie só ’n situasie toegelaat het nie, maar omdat dit vanjaar ’n uitsonderlike jaar is weens die Covid-19-pandemie, sal sekere uitsonderings waarskynlik gemaak word.

“Ek hoop maar dit gebeur (dat hy vir albei spanne kan speel). Dan kan ek ten minste aanhou rugby speel.”

Steenkamp sê hulle (die spelers) hoor dat 12 September die datum is wat genoem word vir die begin van die Curriebeker-reeks, en as dit wel die geval is, dan sal hulle Maandag moet kan begin met kontakoefeninge.

Walt Steenkamp bemeester ’n lynstaanbal vir die Vrystaat-Cheetahs in verlede jaar se Curriebeker-reeks teen die Haaie in Bloemfontein. Foto: Gallo Images

Daar is aan die spelers gesê dat hulle minstens vier weke se kontakoefening nodig het voor die eerste wedstryd gespeel word.

“Die Nieu-Seelandse spanne het ook vier weke se kontakoefening gehad voor hul reeks begin het. Ons wag in die stadium nog vir ’n antwoord van die regering en voor dit gebeur, kan ons niks doen nie. Daar word gepraat van die piek van die pandemie wat eers in September sal wees.

“Dit gaan ook moeilik wees as daar in ’n bioborrel gespeel word en spelers moet drie maande weg van hul gesin wees. Dit is so dat almal hoop om sou moontlik op die veld te kom, maar as ons nog nie kontakoefeninge kan doen nie, wie weet wanneer ons dan sal begin speel?”

Nog ’n slot by die Vrystaat, Sintu Manjezi, sal soos Steenkamp hom ook later vanjaar by die Bulle aansluit, terwyl die vleuel Tapiwa Mafura na die Pumas. Jeandré Rudolph, ’n flank van die Pumas, sal hom op sy beurt weer by die Cheetahs aansluit.

Griekwas se slot Ian Groenewald word ook later vanjaar ’n Vrystater.

Meer oor:  Vrystaat  |  Cheetahs  |  Bulle  |  Walt Steenkamp  |  Curriebeker
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.