Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Steinhoff en Blitsbokke se paaie skei

Die beleërde meubelhandelsgroep Steinhoff het te midde van sy stryd om finansiële oorlewing sy verbintenis met die Blitsbokke beëindig.

Steinhoff het in Desember 2015 die hoofborg van die nasionale sewesrugbyspan geword en die kontrak sou vir drie jaar geld.

Steinhoff het sy verbintenis met die Blitsbokke beëindig. Foto: Gallo Images

Nadat nuus van ’n ondersoek na “rekenkundige onreëlmatighede” en die bedanking van die voormalige uitvoerende hoof, Markus Jooste, die maatskappy se aandeelprys laat tuimel het, was daar onsekerheid by die bestuur van die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (Saru) of die borgskap sou voortgaan.

Netwerk24 het nou vertroulik verneem dat Steinhoff nie met die borgskap voortgaan nie.

Steinhoff se embleem is reeds van die Blitsbokke se truie verwyder en Saru se sosialemedia-slagspreuk, #LoveRugby, is tans in die plek daarvan.

Hoewel die onderhandelings tussen Saru en Steinhoff reeds laat in Desember afgehandel is, het nie een van die partye ’n amptelike aankondiging gemaak het nie.

Dit is onseker wie Steinhoff se borgskap, wat etlike miljoene rande beloop, sal oorneem.

Die Blitsbokke sal egter nie sukkel om ’n groot borg te lok nie aangesien hul onlangse sukses, wat ’n Wêreldsewesreekstitel insluit, hulle ’n aantreklike belegging maak.

Die Blitsbokke sal vanaf 26 Januarie in Sydney in die volgende toernooi van die Wêreldreeks in aksie wees.

Steinhoff se sterk verbintenis met die Varsitybeker-reeks en Maties Sport is steeds onseker.

Steinhoff is ’n stigtersborg van die Varsitybeker-kompetisie en het jaarliks ruim tot die reeks bygedra. Die groep het selfs pa gestaan vir die rekening toe wedstryde in 2016 weens kampusbetogings na neutrale velde, soos die Kaapstad- en FNB-stadions, verskuif moes word.

Daar word egter verneem dat FNB, ook ’n groot borg van die reeks, bereid is om Steinhoff se borgskap op kort kennisgewing oor te neem om te voorkom dat die reeks skade ly. Steinhoff sal egter eers amptelik van sy borgskap van die reeks afstand moet doen.

Die verwagting is dat die proses reeds eerskomende Dinsdag, ná ’n Varsitybeker-raadsitting, afgehandel sal wees. Die kompetisie skop reeds op 29 Januarie af.

Meer oor:  Steinhoff  |  Blitsbokke  |  Saru
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.