Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Steyn sê SA rugby moet noorde invaar

Frans Steyn, wenner van twee Wêreldbekertitels saam met die Springbokke, glo Suid-Afrika se rugbyheil lê in die Noordelike Halfrond.

Frans Steyn met die Webb Ellis-trofee. Foto: Getty Images

Die kwessie word nogmaals op die spits gedryf terwyl Sanzaar die langtermyntoekoms van die Superrugbyreeks bepeins en Wêreldrugby ’n globale seisoen oorweeg ná beloftes van sy voorsitter, Bill Beaumont.

Steyn (32) se mening kan nie gering geag word nie. Die ervare veelsydige agterspeler het 75 Superrugbywedstryde vir die Haaie gespeel en Racing (57 kragmetings) en Montpellier (92 kragmetings) in Frankryk verteenwoordig.

Frans Steyn het 75 Superrugbywedstryde vir die Haaie gespeel. Foto: Getty Images

Hy sluit hom op 1 Julie vir twee seisoene by die Cheetahs aan.

“Daar word gereeld besluite geneem wat nie in die beste belange van Suid-Afrikaanse rugby is nie,” sê Steyn in ’n onderhoud met Rugby Pass.

“As twee Nieu-Seelandse spanne ’n Superrugby-eindstryd beslis kan ek jou wed meeste van die televisie-gehoor vir daardie wedstryd is van Suid-Afrika afkomstig, maar Suid-Afrika verdien die minste inkomste.”

Hy voel mense moet hulle nie laat afsit deur die veronderstelde verskille in speelstyl in die twee halfronde nie.

“Mense kan nie sê rugby in die Noordelike Halfrond is *** nie. Ek speel al lank hier en ’n skuif na die noorde sal goed wees vir Suid-Afrika. Die rugby sal goed wees en die wedstryde sal elke week taai wees.

“Dit sal steeds goed wees as Suid-Afrika in die suide bly, maar ons verloor soveel spelers. Die rand kan nie met die pond meeding nie en dit is beslis ook iets om in berekening te bring.

“Ek sou die skuif maak na die Noordelike Halfrond.”

Frans Steyn in aksie vir Montpellier. Foto: Getty Images

Steyn se doelwit is om volgende jaar teen die Britse en Ierse Leeus te speel nadat hy deel was van die seëvierende Bokspan wat in 2009 met die toeriste afgereken het.

“Ek weet nie hoeveel spelers al in twee verskillende reekse teen die Britse Leeus gespeel het nie.

“Die legendariese spelers kan dit tot by vier Wêreldbekertoernooie maak, maar die Leeus gebeur net elke 12 jaar. Dit plaas dit in ’n ander liga.”

– Sportredaksie

Meer oor:  Bill Beaumont  |  Bokke  |  Toetsrugby  |  Springbokke  |  Frans Steyn  |  Sesnasies  |  Sanzaar
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.