Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Stilte laat Curwin aan skool dink

Die huidige beperkings by rugbywedstryde laat Curwin Bosch aan sy skooldae terugdink.

Curwin Bosch het die Haaie met puik drukkoker-skopwerk gehelp om hul wedstryd teen Griekwas te wen. Foto: Gallo Images

Nou is daar weer, soos destyds by die Grey High School in Port Elizabeth, niemand wat hom uitjou wanneer hy pale toe korrel nie.

“Dit is nogal anders as jy skop. Maar ek was in ’n ou tradisionele skool by Grey en as jy daar geskop het, het die skare stilgebly,” sê die Haaie se losskakel.

“Dit is dus nie heeltemal nuut vir my nie. Kingspark het ’n ding gehad waar hulle hande geklap het terwyl ek geskop het, so dit is anders.”

Bosch speel tans goeie rugby vir die Durbaniete. Hy beïndruk veral met sy skopwerk pale toe – hy het byvoorbeeld ’n drukkoker-skop oorgesit om die Haaie te help om Griekwas twee weke gelede in Kimberley te verslaan.

“Ek voel in ’n goeie ruimte, maar die voorspelers moet baie krediet kry. Hulle dwing vir ons strafskoppe af ek moet dit net oorskop. Ek doen die basiese aspekte van die spel goed.

“Wat my skopwerk betref, doen ek niks anders nie, ek hou net by my proses. Vanjaar het ek besluit om minder te skop by oefeninge, maar die gehalte van my skoppe te verhoog. Dit maak ’n verskil.”

Maar ek was in ’n ou tradisionele skool by Grey en as jy daar geskop het, het die skare stilgebly.

Bosch is nou die ervare speler in die Haaie se agterlyn. Hy geniet dit om met Marius Louw (binnesenter) aan sy buitekant en die jong skrumskakel Sanele Nohamba aan sy binnekant te speel.

“Ons speel goed saam. Marius is al lank by die Haaie en hy is ’n rugbyspeler van gehalte. Hy het groot skoene gehad om vol te staan met André Esterhuizen wat weg is.

“Ek en Sanele verstaan mekaar goed. Ons het ’n hegte band die laaste ruk gevorm en hy het baie gegroei. Hy het nie baie wedstryde agter die blad nie, maar hy het na vore getree.

“Daar rus ’n groot verantwoordelikheid op sy skouers, maar hy verrig sy taak puik op skrumskakel.”

Die Haaie se geskeduleerde wedstryd van die afgelope naweek teen die Stormers is weens die koronavirus afgelas, maar hulle is Vrydagaand terug op Kingspark om die Pumas in hul eerste Curriebeker-kragmeting te pak.

“Die Pumas het veral verlede week in die tweede helfte teen die Bulle gewys wat hulle kan verrig. Dit is belangrik om ’n goeie eerste helfte teen hulle te hê, anders gaan jy in die moeilikheid wees.”

Meer oor:  Curwin Bosch  |  Curriebeker-Reeks  |  Haaie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.