Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Stonehouse begeer Mitchell se Bulle-pos

“Gee my net ’n kans om uiteindelik huis toe te kom.”

Dit is die pleidooi van Jimmy Stonehouse, die Pumas se afrigter, aan die rugbybase van die Bulle om hom ernstig te oorweeg as ’n kandidaat om by John Mitchell as Loftus Versfeld se hoofafrigter oor te neem.

Jimmy Stonehouse

Mitchell is deur die Engelse Rugbyunie (RFU) geoormerk om hulpafrigter van Engeland se hoofbreier, Eddie Jones, te word. Die Blou Bulle Maatskappy en RFU onderhandel tans nog oor ’n oordragsfooi.

Stonehouse is al verskeie kere as ’n kandidaat genoem om by Mitchell oor te neem en hy is baie gretig om in die pos aangestel te word.

Met Willem Strauss, die Blou Bulle se nuwe president, in beheer, glo Stonehouse hy sal hopelik ’n kans kry om sy droom te vervul as Mitchell die pad vat.

“Ek hoop so, ek bid so,” het hy glimlaggend gesê toe hy die vraag oor die Bulle se afrigtingspos gevra is.

“Ek wag al lank vir ’n geleentheid (om die Bulle af te rig).

“Ek het vir ’n ander aanbod vier weke gelede nee gesê omdat ek besef ek wil hier afrig. Ek was in Japan, maar ek wil in Suid Afrika afrig.

“Ek hoop daar is ’n kans vir my. As dit dié keer nie gebeur nie, dan weet ek dit is nie vir my bedoel nie.”

Stonehouse kan ook as die Pumas se afrigter die span in ’n vergrote Pro16-kompetisie afrig, maar hy voel die tydperk wat dit gaan neem om die Europese kompetisie met twee spanne te vergroot, kan ’n doodslag vir die klein unies wees.

“Daar is nog vergaderings daaroor en dit is die grootste bekommernis vir my, want wat verkoop jy?

Die ouens wat tans deur unies vrygestel word , se salarisse is steeds onbekostigbaar hoog.

“Wat verkoop jy aan borge. Jy kan nie suites verkoop nie, jy kan nie aan borge jou deelname aan ’n Pro16 verkoop nie,” verduidelik Stonehouse.

“As jy net een ronde in die Curriebeker speel, is dit net drie wedstryde tuis en dit maak jou dood.

“En wat kontrakteer jy? Gaan jy Pro16 speel of net Curriebeker? Jy kan nie in Pro16 gaan speel met ouens wat nie op daai vlak kan meeding nie – jy sien dit duidelik met ander spanne wat daar is.

“Dit is hoekom dit ongelooflik belangrik is vir ons om die antwoord in die volgende week of twee te kry.

“So as ons die goedkeuring kan kry om in Pro16 te speel, sal dit goed wees.”

Stonehouse glo ook die veranderinge aan die kontrakteringsproses wat Rassie Erasmus, Springbok-breier, wil aanbring, kan die kleiner unies help.

“Die veranderinge by SA Rugby – waar spelersgroepe nou net 45 spelers sal wees – sal definitief help en ons hoop om van die spelers te bekom wat vrygestel word.

“Die ouens wat tans deur unies vrygestel word , se salarisse is steeds onbekostigbaar hoog.

“Maar ek dink die spelers wat nie vir kleiner salarisse wil speel nie, sal oorsee wil gaan. Maar daar is ook nie plek vir almal by die oorsese klubs nie.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.