Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Stonehouse druk op Maritz se knoppie

Met die strydros Corné Fourie op die krukkelys met ’n kniebesering, sal Dewald Maritz Vrydag op loskopstut sak vir die Pumas teen die Bulle.

Dié twee spanne pak mekaar in ’n kragmeting in die Curriebeker-reeks in Pretoria.

Dewald Maritz sal Vrydag op loskopstut vir die Pumas teen die Bulle in Pretoria sak. Foto: Gallo Images

Jimmy Stonehouse, afrigter van die Laevelders, het slegs twee veranderinge aan die beginspan aangebring wat verlede week die Leeus verorber het.

Benewens Maritz (23), sal Matt More die Pumas se nr. 12-trui dra. More, in sy eerste wedstryd vir die Pumas, vervang Ali Mgijima, wat las van ’n heupbesering het.

Stonehouse sê die plan was reeds verlede week dat More in die beginspan sou wees, maar die senter was toe effens olik.

Ná die Laevelders se skittervertoning teen die Leeus, sal ondersteuners verwag dat die Pumas die Bulle in hul kraal moet gaan aankeer.

“Vir ons gaan dit belangrik wees dat ons so min as moontlik foute maak. Ons weet dat die Bulle sterk is in die vaste fasette,” sê Stonehouse.

Dié breier het, soos ’n paar dae gelede, weer daarop gewys dat hy vermoed die Bulle gaan omgesukkeld wees ná hul nederlaag die afgelope naweek teen Benetton in die eindstryd van die Reënboogbeker-reeks.

“Hulle gaan beslis hul naam in ere wil herstel,” sê Stonehouse.

Pumas: Devon Williams, Tapiwa Mafura, Erich Cronjé, Matt More, Etienne Taljaard, Eddie Fouché, Chriswill September, Willie Engelbrecht, Phumzile Maqondwana, Francois Kleinhans, Pieter Jansen van Vuren (k), Darrien Landsberg, Marné Coetzee, Simon Westraadt, Dewald Maritz. PLAASVERVANGERS: Eduan Swart, Ruan Kramer, Ig Prinsloo, Brandon Valentyn, Kwanda Dimaza, Ginter Smuts, Wayne van der Bank, Jade Stighling.
Meer oor:  Pumas  |  Bulle  |  Curriebeker  |  Rugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.