Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Stonehouse pluk ‘Haai’ Le Roux uit hoed

In ’n week wat die Pumas gebuk gaan onder beserings, het Jimmy Stonehouse, dié span se afrigter, soos ’n wafferse kulkunstenaar Le Roux Roets uit die hoed gepluk vir Vrydag se Curriebeker-kragmeting met Griekwas.

Roets (25), ’n slot, het sy knie in die Laevelders se eerste Superrugby Unlocked-wedstryd (teen die Vrystaat-Cheetahs in Oktober in Bloemfontein) beseer.

Sy terugkeer is een van ses veranderinge (wat ’n posisionele skuif insluit) aan die span wat verlede naweek teen die Haaie in Durban verloor het.

Le Roux Roets in aksie teen die Griffons tydens ’n promosie-relegasie-wedstryd in 2019 in Mbombela. Foto: Gallo Images

Stonehouse het ook bevestig dat Roets hom in 2021 as ’n leenspeler by die Haaie vir die Pro16-reeks sal aansluit. Roets, wat ook vanjaar vir die KwaZulu-Natallers in die Superreeks gespeel het, sal daarna weer na Mbombela terugkeer om vir die Pumas in die Curriebeker-reeks te speel.

“Ons is beslis bly om Le Roux weer in die span te hê. Nie net is hy ’n goeie leier nie, hy versterk ons ook in die skrums, lynstane en in die rolmale. Ek het vandeesweek weer eens in die oefeninge gesien wat sy invloed in die span is,” sê Stonehouse.

Agterlangs is die enigste nuwe gesig Luther Obi, wat terugkeer op regtervleuel in die plek van Morné Joubert.

Roets en Pieter Jansen van Vuren is die nuwe slotpaar in die plek van Darrien Landsberg en Brendon Snyman.

Landsberg skuif na die kant van die skrum in die plek van Francois Kleinhans.

Jansen van Vuren, wat die gereelde kaptein was voordat hy ’n ribbesering opgedoen het, sal die Laevelders weer op die veld lei.

In die voorry vervang Dewald Maritz vir Liam Hendricks op loskopstut, met Simon Westraadt wat die nuwe haker in HP van Schoor se plek is.

Die plaasvervangerhaker, Marko Janse van Rensburg, sal in sy 50ste wedstryd vir die Pumas speel indien hy speelkans kry.

Pumas: Tapiwa Mafura, Luther Obi, Erich Cronjé, Ali Mgijima, Etienne Taljaard, Devon Williams, Ginter Smuts, Willie Engelbrecht, Darrien Landsberg, Phumzile Maqondwana, Pieter Jansen van Vuren (k), Le Roux Roets, Ruan Kramer, Simon Westraadt, Dewald Maritz. PLAASVERVANGERS: Marko Janse van Rensburg, Ig Prinsloo, Brandon Valentyn, Daniel Maartens, Chriswill September, Tiaan Botes, Wayne van der Bank, Liam Hendricks.

Meer oor:  Pumas  |  Curriebeker  |  Griekwas  |  Jimmy Stonehouse
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.