Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Stonehouse se geld op VS om CB-reeks te wen

Die Vrystaat-Cheetahs kan weer soos in 2016 vanjaar die Curriebeker-reeks wen.

Dis nou te sê as daar geluister word na Jimmy Stonehouse, afrigter van die Pumas, wie se span die naweek die Vrystaters behoorlik skrikgemaak het in die spanne se Curriebeker-kragmeting in Mbombela.

Jimmy Stonehouse, afrigter van die Pumas, glo die Vrystaat-Cheetahs staan ’n goeie kans om vanjaar die Curriebeker-reeks te wen. Foto: Gallo Images

Die Vrystaat het daarin geslaag om met 43-37 te seëvier nadat die Pumas met rustyd nog met 22-17 voor was.

“Ek wil sê Griekwas kan vanjaar se Curriebeker-reeks wen, maar ek reken die Vrystaat en die Goue Leeus behoort in die eindstryd te speel. Wat ’n wenner betref sal ek sê die Vrystaat het ’n baie goeie kans.

“Hulle sit egter met ’n probleem met beserings aan hulle voorrye en dit kan teen hulle tel,” sê Stonehouse.

Hy sê hy sou bitter graag wou sien het dat ’n “kleiner unie” as kampioen gekroon word.

Maar hoe sê hulle – as is verbrande hout.
Jimmy Stonehouse

Van die “kleiner unies” sluit uiteraard ’n span soos die Pumas in, maar ongedwonge foute het hulle die seisoen duur te staan gekom, erken Stonehouse.

“As ons ons wedstryde teen die Leeus (verloor met 37-38) en die Blou Bulle (verloor met 17-25) gewen het, was dit vandag ’n ander storie. Maar hoe sê hulle – as is verbrande hout,” sê hy.

Stonehouse is egter bly dat sy span die naweek met ’n ervare span soos die Vrystaat kon kers vashou, maar hy was eerlik genoeg om sy span se tekortkominge te kon uitwys.

“Wat was Saterdag die verskil tussen die Pumas en die Vrystaat? Foute, ongedwonge foute. Dit het ons gekos. Daarby is ons ook in die lynstane geklop. Ons het die slotte Hugo Kloppers en Cameron Lindsay verloor en dit het dit vir ons moeilik gemaak.

“Ons het ook gesukkel in die vaste fasette, veral in die tweede helfte waar ons twee strafskoppe by die skrums afgestaan het.”

Dis is ’n uitgemaakte saak dat die Pumas in ’n promosie/relegasie-wedstryd teen die Griffons betrokke sal wees om hulle voortgesette deelname in die Premierliga van die Curriebeker-reeks te verseker.

Die Pumas se reeks is verby en hulle beklee die laaste plek op die puntelys, ook met nege punte soos die Bulle, maar die span van Pretoria het nog een wedstryd – teen die Haaie op Loftus Versfeld – oor.

Curriebeker-bepalings

Curriebeker-puntelys

Curriebeker-uitslae

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.