Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Stonehouse verras met kanonpoot
Gerrie Labuschagne in aksie vir die Leeus in ’n oefenwedstryd vroeg in 2017 in Johannesburg. Foto: Gallo Images

Jimmy Stonehouse, afrigter van die Pumas, het ’n haas uit die hoed gepluk deur ’n speler wat ’n paar jaar gelede oor sy kanonpoot nuusopskrifte gehaal het, op heelagter te kies om die Westelike Provinsie te help tem.

Die 25-jarige Gerrie Labuschagne sal die laaste vesting vir die Laevelders beman wanneer die twee spanne mekaar Sondag in die Curriebeker-reeks in Mbombela aandurf.

Hy het in 2014 bekendheid verwerf toe hy tydens ’n oefensessie op Shimlapark in Bloemfontein ’n 80 meter lange stelskop deur die pale gejaag het.

Hy is een van ses veranderinge (wat ’n posisionele skuif insluit) aan die Pumas se beginspan wat twee weke gelede in die Rosestad teen die Vrystaat-Cheetahs verloor het.

Labuschagne sal die nr. 15-trui dra in die ervare Devon Williams se plek, terwyl Jade Stighling die nuwe regtervleuel in Tapiwa Mafura se plek is. Stighling was die linkervleuel teen die Vrystaat, met Etienne Taljaard wat nou die nr. 11-trui sal dra.

Op buitesenter vervang Erich Cronjé vir Alwayno Visagie. Daar is ook ’n nuwe losskakel, met Niel Marais wat die regmerkie bo Eddie Fouché gekry het.

Die enigste verandering aan die agttal is Darrien Landsberg, wat op slot sal sak in die plek van Brandon Valentyn.

Gerrie is lank, hy is baie goed onder die hoë bal en het ’n kanonvoet aan hom.
Jimmy Stonehouse

Stonehouse sê hy is beïndruk met hoe Labuschagne in oefeninge vertoon. Labuschagne het vir die Vrystaat junior rugby gespeel en ’n proesel van senior provinsiale rugby vir die Bloemfonteiners, Leeus en ook die einste Pumas gehad voordat hy in Japan gaan speel het.

“Gerrie is lank, hy is baie goed onder die hoë bal en het ’n kanonvoet aan hom. Devon en ook Eddie het in al in ons wedstryde gespeel en verdien ’n ruskans,” sê Stonehouse.

Pumas: Gerrie Labuschagne, Jade Stighling, Erich Cronjé, Matt More, Etienne Taljaard, Niel Marais, Ginter Smuts, Willie Engelbrecht, Phumzile Maqondwana, Francois Kleinhans, Pieter Jansen van Vuren (k), Darrien Landsberg, Ig Prinsloo, Simon Westraadt, Dewald Maritz. PLAASVERVANGERS: Eduan Swart, Ruan Kramer, Etienne Janeke, Brandon Valentyn, Kwanda Dimaza, Devon Williams, Eddie Fouché, Sebastian de Klerk.

*Kyk weer hier na Labuschagne se lang stelskop 

Meer oor:  Jimmy Stonehouse  |  Mbombela  |  Kaapstad  |  Curriebeker  |  Rugby  |  Pumas  |  Wp
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.