Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Stormers bykans onherkenbaar

Die Stormers-span wat Saterdagaand teen die Bulle in die Kaapstad-stadion op die veld gaan draf, is skaars herkenbaar van die een wat verlede week se Reënboogbeker-wedstryd teen die Haaie in die Moederstad gespeel het.

Evan Roos kry ’n geleentheid in Willie Engelbrecht se plek op agtsteman. Foto: Gallo Images

Daar is nege veranderings aan die beginspan. Hulle is as volg:

• Leolin Zas en Sergeal Petersen vervang vir Seabelo Senatla en Edwill van der Merwe op die vleuels;

• Dan du Plessis vir Ruhan Nel op buitesenter;

Abner van Reenen dra Saterdag die Stormers se nr.10-trui nadat die jong losskakel Kade Wolhuter ’n kniebesering opgedoen het. Foto: Gallo Images

• Abner van Reenen vir Kade Wolhuter op losskakel;.

• Godlen Masimla vir Herschel Jantjies op skrumskakel;

• Evan Roos vir Willie Engelbrecht op agtsteman;

• Marcel Theunissen vir Nama Xaba as nr. 6-flank;

• David Meihuizen vir JD Schickerling op slot; en

• Bongi Mbonambi vir Scarra Ntubeni op haker.

John Dobson, die Kapenaars se hoofafrigter, het ondanks al die veranderings sy geloof in die span uitgespreek.

“Baie van die spelers wat inkom, het goed gespeel in ons voorbereidingswedstryde en sal gretig wees om hulself in ’n groot wedstryd soos hierdie een te bewys,” het hy in ’n nuusverklaring gesê.

Stormers: Damian Willemse, Sergeal Petersen, Dan du Plessis, Rikus Pretorius, Leolin Zas, Abner van Reenen, Godlen Masimla, Evan Roos, Pieter-Steph du Toit, Marcel Theunissen, Marvin Orie, David Meihuizen, Frans Malherbe, Bongi Mbonambi, Steven Kitshoff (k). PLAASVERVANGERS: Scarra Ntubeni, Leon Lyons, Neethling Fouché, Ernst van Rhyn, Willie Engelbrecht, Paul de Wet, Cornel Smit, Edwill van der Merwe, Andre-Hugo Venter, Adre Smith.

Meer oor:  Stormers  |  Bulle  |  Reënboogbeker
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.