Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Stormers op ‘vlak 4 van inperking’
Pieter-Steph du Toit vir die Stormers in aksie in ’n kragmeting met die Jaguares. Foto: Gallo Images

As die Westelike Provinsie vroeg aanstaande jaar die uitspeelrondes van die Curriebekerreeks haal, gaan hy net betyds ’n groot hupstoot kry.

Maar intussen gaan die Stormers in die Superrugby Unlocked-reeks sonder Pieter-Steph du Toit, Wêreldrugby se Speler van die Jaar, moet klaarkom.

Aanvanklik is gehoop dat hy aan die einde van dié maand kan terugkeer nadat hy ’n ernstige beenbesering opgedoen het.

“Dit lyk nie asof Pieter-Steph weer hierdie jaar gaan speel nie,” het John Dobson, die Stormers se afrigter, op ’n aanlyn nuuskonferensie gesê.

Du Toit het in die Stormers se wedstryd teen die Blues op Nuweland vroeër vanjaar ’n hematoom opgedoen, wat ontwikkel het in akute kompartement-sindroom. Hy het ’n noodoperasie ondergaan waarin deur ’n spier gesny is.

“Die goeie nuus is dat die spier wat die senuwee beskerm, regenereer. As dit nie die geval was nie, kon sy loopbaan in die gedrang gewees het,” het Dobson bygevoeg.

Minstens was die nuus oor Siya Kolisi, die Bok-kaptein, se dyspierbesering beter as verwag. Dis ’n graad-een-skeur, wat beteken dit sal twee tot drie weke neem om te herstel,” het Dobson gesê.

CAPE TOWN, SOUTH AFRICA - MAY 21: Siya Kolisi duri
Siya Kolisi tydens 'n oefensessie van die Stormers. Foto: Gallo Images

Terselfdertyd was daar slegte nuus oor Nama Xaba, wat Kolisi in die afgelope Vrydag se rillerstryd teen die Pumas in Mbombela vervang het. Dié flank het sy enkel beseer, wat beteken dat Jaco Coetzee waarskynlik die nr. 6-trui vir Saterdag se Superrugby Unlocked-wedstryd teen die Bulle op Loftus sal kry.

Dít op sigself is allermins ’n krisis. Coetzee sal by die meeste Suid-Afrikaanse spanne instap en word op nasionale vlak hoog aangeslaan.

Drie Springbokke – die loskopstut Steven Kitshoff, haker Scarra Ntubeni en losskakel Damian Willemse – is vandeesweek weer vir Dobson beskikbaar. Kitshoff gaan in Kolisi se afwesigheid die kaptein wees.

Kitshoff en Ntubeni kon nie teen die Pumas speel nie omdat hulle in afsondering moes wees nadat hulle die vorige naweek met ’n Leeus-speler met Covid-19 in kontak was.

Willemse het ’n ligte besering opgedoen en die groot vraag is nou of hy onmiddellik die nr. 10-trui gaan terugkry en of Tim Swiel se stelskopwerk die afgelope naweek Dobson oortuig het dat dit ’n goeie plan kan wees om met hom te volhard.

• Intussen het Dobson gesê hy bekommer hom oor die “integriteit” van die Superrugby Unlocked-reeks weens die ernstige probleme wat positiewe toetse vir Covid-19, soos nou by die Leeus, skep.

Die wedstryd tussen die Leeus en die Cheetahs wat die afgelope naweek op Ellispark in Johannesburg gespeel sou word, moes weens Covid-19-gevalle by die Leeus afgelas word. Tensy dié wedstryd vorentoe iewers ingepas word, sal albei spanne twee ligapunte kry.

Ons het vandag (Maandag) ’n ernstige praatjie met die spelers oor hul lewens buite ons oefensentrum gehou. Ons het slegs beheer oor wat hier gebeur.
John Dobson

“Ons het vandag (Maandag) ’n ernstige praatjie met die spelers oor hul lewens buite ons oefensentrum gehou. Ons het slegs beheer oor wat hier gebeur,” het Dobson gesê.

“Ons het vir mekaar gesê dat ons op vlak 4 van die inperking is. Dit beteken ons bly tuis en kan winkels toe gaan, maar nie sosiaal verkeer nie.

“Die Cheetahs kan twee of drie ligapunte kwyt wees weens omstandighede buite hul beheer, terwyl die Leeus potensieel van ’n tuissege ontneem word. Ons wil ons bes probeer om daardie tipe situasie te vermy.”

Dobson hoop dat nog ’n groot wedstryd in die reeks nie deur ’n “Covid-situasie” bepaal word nie.

“Ek dink dit word baie goed van bo gehanteer, maar dis duidelik dat dit die integriteit van die reeks in die gedrang kan bring,” het hy gesê.

Meer oor:  John Dobson  |  Siya Kolisi  |  Pieter-Steph Du Toit  |  Kaapstad  |  Besering  |  Rugby  |  Springbok  |  Unlocked  |  Stormers
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.