Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Stormers rol oor Kavaliers

Die Stormers se Springbok-spelers het Vrydagaand in die bloedige hitte van Wellington gewys dat hulle die spinnerakke van ’n lang vakansie afgeskud het, toe hulle die Boland-Kavaliers met 87-5 in die Boland-stadion afgeransel het.

Deejee Putter van die Boland probeer Vrydagaand vir Damian Willemse van die Stormers grond toe bring in die spanne se vriendskaplike wedstryd in Wellington. Foto: Gallo Images

Hulle was met rustyd met 49-0 voor in dié vriendskaplike rugbywedstryd.

Dertien drieë is in die proses gedruk, maar die Kapenaars se afrigter, Robbie Fleck, sal veel meer tevrede wees oor die hoeveelheid speeltyd wat die meeste van sy nasionale sterre in die stryd gekry het.

Siya Kolisi, Damian de Allende, Bongi Mbonambi, Damian Willemse, Pieter-Steph du Toit en Ruhan Nel het almal hul staal getoon, maar die feit dat Frans Malherbe en Steven Kitshoff vroeg-vroeg die veld verlaat het, sal ’n bietjie kommer wek. Veral omdat dié stryd hul enigste opwarmkans was voordat hulle die Bulle volgende Saterdag op Loftus Versfeld in hul eerste Superrugby-wedstryd van die seisoen pak.

Malherbe en Kitshoff het ná die stryd langs die veld by hul spanmaats gestaan wat beteken dat hulle en Sikhumbuzo Notshe net as voorsorg vroeg van die veld af is.

Die verlies van die twee Bok-stutte het wel ’n silwer rand gehad, want Fleck kon ’n blik kry op die loskopstut-aanwins Corné Fourie en Neethling Fouche, wat vanjaar agter Malherbe en Wilco Louw in die vaskopstut-tou staan.

Terwyl die Stormers-voorspelers die Bolanders voorlangs heeltemal oorheers het, was dit die agterlyn se samespel wat ook ’n groot glimlag op Fleck-hulle se gesigte sal laat.

Willemse het op losskakel uitgeblink en sal straks die span se generaal in die eerste paar wedstryde wees met Jean-Luc du Plessis wat nog speeltyd kort ná sy besering. Du Plessis het ook ’n paar goeie goed gedoen, maar kort nog wedstrydtyd.

Dis egter die vertoning van De Allende en Nel, wat albei stewig op die aanval en verdediging was, wat Fleck gaande sal hê.

Ná Vrydag se vertoning behoort die tweestuks straks die voorkeur-senterkombinasie te wees, met Dan du Plessis wat ook hard aan die deur klop nadat hy in die tweede helfte ’n hele paar bresse geslaan het, wat gelei het tot drieë vir sy span.

SP Marais, wat 18 punte aangeteken het, was ook puik op vleuel. Dis veral sy korrelwerk pale toe wat in die kol was. ’n Jongeling wat in sy plek speelkans gekry het, Nico Leonard, het ook op die vleuel uitgeblink.

Voorlangs was dit Du Toit, Kolisi, JD Schickerling, Cobus Wiese, Juarno Augustus en Jaco Coetzee wat die pap dik aangemaak het vir die Stormers.

* Puntemakers: Stormers: 87 (49) Drieë: SP Marais (2), JD Schickerling (2), Nico Leonard (2), Jaco Coetzee (2), Sikhumbuzo Notshe, Neethling Fouche, Ruhan Nel, Siya Kolisi, Juarno Augustus. Doelskoppe: Marais (4), Damian Willemse (3), Jean-Luc du Plessis (4). Boland: 5 (0): Drie: Gavern Skippers.

Meer oor:  Wellington  |  Stormers  |  Boland-Kavaliers
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.