Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Stormers-tiener Kade se seisoen kortgeknip

Die Stormers se tiener-losskakel, Kade Wolhuter, se seisoen is verby nadat hy ’n knieligament geskeur het in die afgelope naweek se plaaslike Reënboogbeker-wedstryd teen die Haaie in die Kaapstad-stadion.

CAPE TOWN, SOUTH AFRICA - MAY 01: Kade Wolhuter of
Kade Wolhuter se seisoen is kortgeknip. Foto: Gallo Images

Wolhuter (19) het die slegte nuus op Instagram aangekondig.

“Die spel waarvoor ons lief is, is vol uiterste hoogte- en laagtepunte. Ongelukkig gaan die openingswedstryd van die Reënboogbeker SA teen die Haaie my laaste vir die seisoen wees,” het Wolhuter in sy inskrywing gesê.

Vir die Stormers is dit ’n yslike terugslag nadat hulle die voorbereidingsreeks gebruik het om Wolhuter vir senior rugby te slyp.

Wolhuter was goed op sy stukke teen die Haaie. Behalwe vir die feit dat sy skopstewel hard gepraat het, was hy ook baie indrukwekkend op die aanval.

John Dobson, die Stormers se afrigter, is darem in die voordelige posisie dat hy diepte op losskakel het. Trouens, Abner van Reenen was baie indrukwekkend in die voorbereidingswedstryd teen die Leeus en is ’n avontuurlustige losskakel wat goed sal pas in die speelstyl wat die Stormers probeer vestig.

Tim Swiel moet ook nog terugkeer, terwyl Dobson ook kan terugval op Damian Willemse indien die nood druk.

Die Kapenaars lek intussen nog hul wonde, maar hul kaptein, Steven Kitshoff, het die positiewe aspekte van die nederlaag van 30-33 teen die Haaie beklemtoon.

Kade Wolhuter in aksie voordat die noodlot hom in die vorm van ’n ernstige kniebesering getref het in die Stormers se Reënboogbeker-wedstryd teen die Haaie in die Kaapstad-stadion die afgelope naweek. Foto: Gallo Images

Hulle was vroeg met 17-0 voor, maar ’n rooikaart vir Seabelo Senatla en twee geles vir Willie Engelbrecht het die Stormers laat ontspoor.

“Dis baie teleurstellend wanneer jy 17-0 voor en in totale beheer is, en dan kry jy ’n rooikaart en kruip ons skielik in ons doppe,” het Kitshoff gesê.

“As ’n span kyk ons na die positiewe aspekte en sê ons dat ons die Haaie toegelaat het om terug in die wedstryd te kom. Hulle het ’n voorsprong van tien punte opgebou, maar ons karakter en dapperheid naby aan die einde is wat ons wil hê. Ons wil elke naweek 80 minute daarvan hê.

“Ek is baie trots op hoe die ouens in daardie laaste 15 minute gespeel het en aanhou baklei het om die wedstryd te probeer wen. Die geleentheid was daar. Ons het drie geleenthede om drieë te druk weggesmyt toe ons net oor die doellyn hoef te loop.

“Ongelukkig het ons dissipline ons in die steek gelaat, maar die ouens kan trots voel op hoe hulle terugbaklei het en die karakter wat aan die einde van die wedstryd openbaar is.”


Meer oor:  Kade Wolhuter  |  Stormers  |  Kaapstad  |  Rugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.