Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
‘Stoutseun’ O’Connor voer Reds aan

Een van die sogenaamde stoutseuns van Australiese rugby, James O’Connor, is as tussentydse kaptein van die Queensland Reds vir die Superrugby-seisoen aangewys.

James O’Connor in aksie vir die Wallabies gedurende die Wêreldbeker-toernooi in 2019 in Japan. Foto: Getty Images

Dié span se afrigter, Brad Thorn, se besluit om die verantwoordelikheid aan die 30-jarige O’Connor toe te vertrou is met ’n luide applous deur sy spanmaats verwelkom, berig Seven News.

Met Liam Wright wat beseer is, sal O’Connor, ’n veelsydige agterspeler, die Reds straks vir die grootste gedeelte van die seisoen aanvoer.

Die Reds begin hul Superrugby-seisoen Vrydag teen die Waratahs in Brisbane.

Sedert O’Connor in 2008 die eerste van sy 55 toetse vir die Wallabies gespeel het, het daar baie water in die see geloop. Daar was tye dat hy met die gereg gebots het, en allermins die liefling van Australiese rugby was.

Die mees onlangse was in 2017 toe hy in Parys, Frankryk, in hegtenis geneem is nadat hy en die oud-All Black Ali Williams probeer het om kokaïne te koop, het The Sydney Morning Herald destyds berig.

Ten spyte van sy somtyds onstuimige verlede, lyk dit of O’Connor se aanstelling aanklank vind in Australië. Die oud-Wallaby Tim Horan het getwiet dat “(O’Connor) ’n sterk leier is wat sal aanhou om die Reds se kultuur te verbeter”. – Sportredaksie

Meer oor:  Reds  |  Wallabies  |  Superrugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.