Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Straeuli gooi lyne in Japan, Europa in
Gianni Lombard is op pad na Japan.

Die Leeus wil hul diepte veral op slot, losskakel en senter aanvul met die oog op hul deelname later vanjaar aan die Verenigde Rugbykampioenskap en die Europese Uitdaagbeker, nadat hulle die laaste paar maande ’n rits spelers verloor het.

Die nuutste naam op die lys van spelers wat vertrek, is dié van die veelsydige agterspeler Gianni Lombard wat op pad is na Johan Ackermann se Japanse klubspan NTT Docomo Red Hurricanes.

Die 23-jarige Lombard, wat tans van ’n kniebesering herstel, is ’n produk van Boishaai in die Paarl. Hy het die SA Skolespan in 2016 en die Junior Bokke in 2017 en 2018 verteenwoordig.

Vanweë sy veelsydigheid oorweeg die Leeus se senior span hom al van 2018 af in enige posisie in die agterlyn behalwe skrumskakel.

Sy vertrek, saam met ander bekendes s’n soos Elton Jantjies, Marvin Orie, Dylan Smith, Wiehahn Herbst, Len Massyn, Jan-Henning Cam­pher, Marnus Schoeman en Hacjivah Dayimani, het die Leeus uitgedun.

Rudolf Straeuli, uitvoerende hoof van die Leeus, het aan Rapport bevestig hulle kyk nou daarna om veral hul diepte op slot, losskakel en senter met die oog op deelname in Europa te verbeter.

“Daar is drie maniere hoe ons dit kan doen,” sê hy.

“Ons sal gaan kyk watter spelers in Japan klubrugby speel en beskikbaar is.

“Die tweede wyse is om soos die Bulle te gaan kyk na spelers wat in Europa klaarmaak en wil huis toe kom.

“Nog ’n opsie is om te bepaal watter plaaslike spelers beskikbaar is. ’n Mens wil egter nie ander unies uitbuit nie en byvoorbeeld vyf van hul spelers koop nie. Ons sal dit dalk eerder later oorweeg om spelers by unies wat nie in die Verenigde Rugbykampioenskap speel nie te leen.”

Straeuli sê die Leeus wil eers in hul eie strukture en junior spanne na spelers soek voordat hulle wyer kyk.

“Ons sal ook by Wits en UJ spelers gebruik.”

Onder die belowende jong Leeus tel Jordan Hendrickse, Henco van Wyk, Izan Esterhuizen, Nico Steyn, Siyemukela Ndlovu, Sibusiso Shongwe, Zeilinga Strydom, Tyler Bocks, Vincent Tshituka, Emmanuel Tshituka en Quan Horn.

  • Die Leeus het intussen die internasionale maatskappy Sigma as titelborg vir die Curriebeker bekom. Sigma verskyn reeds van gister se wedstryd teen die Britse en Ierse Leeus op hul truie. Xerox (wat altyd op die bors van die Curriebekertrui verskyn het) is steeds as borg by die Leeus se stadion betrokke, terwyl Emirates aan boord is vir die Verenigde Rugbykampioenskap, sê Straeuli.
Meer oor:  Gianni Lombard  |  Leeus  |  Spelers  |  Rudolf Straeuli
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.