Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
‘Straf skrumskakels wat tyd mors’
Faf de Klerk skop die bal agter ’n losskrum in die WB-eindstryd teen Engeland. Foto: Getty Images

Die voormalige Superrugby-afrigter Pat Lam het ’n beroep op beamptes gedoen om op tree teen skrumskakels wat tyd mors voordat hulle die bal agter die oond skoonmaak.

Lam, wat voorheen die Blues in Nieu-Seeland afgerig het en nou die breier van Bristol in Engeland is, het volgens The Rugby Paper gesê skeidsregters moet minder “afrig” tydens wedstryde en eerder die reëls toepas.

Volgens rugby se reëls moet die bal binne vyf sekondes gebruik word nadat dit by ’n losskrum beskikbaar raak, maar voorspelers wat ’n treintjie maak agter losskrums en as menslike skilde optree en sodoende meer tyd en beweegruimte aan skrumskakels bied voordat hulle die bal skop, het ’n algemene verskynsel in die spel geword.

Dis ’n taktiek wat die Springbok Faf de Klerk, wat vir die Engelse klubspan Sale speel, byvoorbeeld gereeld toepas.

Lam verkwalik nie spelers wat dié taktiek gebruik nie, maar sê dis tyd dat beamptes hierteen optree.

Volgens Pat Lam is dit skeidsregters se verantwoordelikheid om toe te sien dat tydvermorsing hokgeslaan word. Foto: Getty Images

“Skeidsregters waarsku spelers oor en oor vir oortredings by die losskrum wanneer hulle spel vertraag voordat ’n strafskop toegeken word.

“Dieselfde gebeur met skrumskakels (wat spel vertraag voordat die bal geskop word). Indien ’n speler langer as vyf sekondes neem en hy word gestraf of sy span verloor die besit, raai wat gaan gebeur? Hy gaan die bal vinnig gebruik.

“Ek blameer nie die spelers nie; hulle sal speel soos hulle toegelaat word om te speel. Dit is die skeidsregters se verantwoordelikheid om die reëls toe te pas.”

Dié Samoaan, wat ’n toerwedstryd vir die All Blacks in 1992 gespeel het, is ook bekommerd oor hoeveel tyd verlore gaan wanneer voorspelers herhaaldelik moet inslaan by vaste skrums, wat nie behoorlik uitgevoer word nie.

Lam sê spanne gebruik dit as tydmors-taktiek en dit is iets waarsonder die spel kan klaarkom.

“Jy hoef net te kyk na spanne wat voorloop op die telbord, veral aan die einde van wedstryde, en jy sal sien hoe baie skrums oor en oor moet plaasvind.

“Dit is iets wat as ’n taktiek ingespan kan word, maar dit mors baie tyd en dit moet hokgeslaan word.

“As ’n skrum ineenstort, stop die horlosie totdat die spanne weer gebind het.”

– Sportredaksie

Meer oor:  Toetsrugby  |  Superrugby  |  Faf De Klerk
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.