Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Strauss: Ek wil dien met my rugby

Die voormalige Springbok-kaptein Adriaan Strauss wil net rugby speel. En dit skeel hom net mooi niks of hy dit aanstaande jaar op Loftus Versfeld as die Bulle se kaptein doen nie.

Adriaan Strauss in November op Twickenham in aksie vir die Barbarians teen Nieu-Seeland. Foto: Getty Images

Dié voormalige Bok-kaptein het in vanjaar se Superreeks laas op Loftus uitgedraf, maar tydens die Curriebekerreeks ’n blaaskans geneem. Dít was goed vir hom – hy sê hy is nou weer uitgehonger om rugby te speel.

“Ek het teen die einde van 2016 ’n rugoperasie gehad en het probeer om so gou moontlik weer op die veld te kom, maar die ruskans wat ek nou gehad het, het uit ’n fisieke en geestelike oogpunt wondere vir my gedoen. Dit was lekker om vir ’n rukkie buite ’n rugby-omgewing te wees.

“Dis geen geheim dat 2016 nie ’n wonderlike jaar vir rugby was nie. Ons het in Superrugby ’n jong span gehad, en dit het sleg gegaan met die Bokke. Dit was moeilik, maar ek het darem geweet beter tye wag. Ek het my eerste Super-wedstryd al in 2006 gespeel – ek weet jy leer uit die moeilike tye,” sê Strauss met ’n glimlag.

Hoedanig dít die geval is, word duidelik terwyl Strauss grappies maak oor die wedstryde wat hy in November vir die Barbarians gespeel het.

“Dis ’n ongelooflike ondervinding sonder enige druk. Ek was so-so teen die All Blacks, maar het beter gespeel teen Japan en Tonga. En uiteindelik het ek gevoel hoe dit voel om Japan te klop,” lag hy.

Op die oomblik voel ek soos ’n karakter in die fliek The Green Mile – dis die laaste gange vir my.
Adriaan Strauss

“Ek sê dit nou tong in die kies, maar op ’n ernstige noot voel my lyf weer reg en oefen ek lekker. Die voorbereiding by die Bulle is anders en dis lekker. Ons werk hard en ek is ongelooflik opgewonde daaroor.”

Strauss het met die nuwe Bulle-breier, John Mitchell, oor die kapteinskap gesels, maar hy sê geen besluit is tot dusver daaroor geneem nie.

“Op die oomblik voel ek soos ’n karakter in die fliek The Green Mile – dis die laaste gange vir my. Ek gaan nie meer baie jare speel nie, so ek wil soveel kry uit wat oor is as wat ek kan. Ek wil gee, ek wil dien. Ek kan dit sonder die kapteinskap doen. Ek wil eenvoudig my rugby geniet en teruggee.

“Ek is opgewonde oor die Bulle. Ek kon lankal al oorsee gegaan het, maar ek wil teruggee. Ek het al lankal gesê ek wil my laaste wedstryd in Suid Afrika speel.”

Meer oor:  Adriaan Strauss  |  Bulle
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.