Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Strauss kaptein van Wêreld-XV-tal

Adriaan Strauss, voormalige haker en kaptein van die Bulle en Springbokke, sal die kaptein wees van ’n Wêreld-XV-tal wat later vandeesmaand met Japan sal kragte meet.

Adriaan Strauss Foto: Gallo Images

Volgens die Japanse Kyodo News-webtuiste sal Strauss nie die enigste Suid-Afrikaner in die span wees nie.

Willie Britz, losvoorspeler, Harold Vorster, Leeus-senter, die voorrymanne Corne Fourie en Hencus van Wyk, Lionel Cronje, losskakel, en Jason Jenkins, slot van die Bulle en Springbokke, sal ook in die span wees.

Met die uitsondering van Strauss en Fourie is al die bogenoemde spelers aan klubs in Japan se Top-Liga verbonde.

Die Australiese duo Ben Alexander en Sam Carter en die legendariese All Black-senter Ma’a Nonu sal ook vir die XV-tal in aksie wees.

Die Nieu-Seelanders Robbie Deans en Scott Robertson sal die span afrig. Deans is ’n voormalige breier van die Crusaders en Wallabies, met Robertson wat die huidige breier van die Crusaders is.

Dit sal waarskynlik Strauss se laaste rugbywedstryd wees, aangesien hy onlangs sy uittrede uit beroepsrugby aangekondig het.

Die wedstryd is geskeduleer om op 26 Oktober in Osaka se Hanazono-rugbystadion plaas te vind, met nog spelers wat in die komende dae tot die Wêreld-XV-tal gevoeg sal word. – Sport24

Meer oor:  Adriaan Strauss  |  Ma'a Nonu  |  Robbie Deans  |  Japan
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.