Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Strauss sonder paspoort na Parys

Die Skotse rugbyafrigter, Gregor Townsend, het Woensdag ’n sug van verligting geslaak.

Josh Strauss. Foto: Getty Images

Daar was aanvanklik sprake dat Skotland Saterdag sonder sy Suid-Afrikaanse losvoorspeler Josh Strauss moes klaarkom in sy Sesnasies-wedstryd teen Frankryk.

Strauss het sy Suid-Afrikaanse paspoort verloor en Townsend was op hete kole om te hoor of hy betyds die nodige dokumente sou kon kry om na Parys te reis.

Die Skotte is reeds sonder die dienste van die beseerde Finn Russell, Stuart Hogg, WP Nel, Huw Jones en Ryan Wilson.

Die 32-jarige Strauss kwalifiseer om vir Skotland te speel omdat hy daar woon. Omdat hy ’n Suid-Afrikaanse burger is, het hy ’n paspoort en ’n visum nodig om na Frankryk te reis.

Nadat The Sun berig het Strauss het sy paspoort verloor, het ’n woordvoerder van die Skotte gesê hulle doen als in hul vermoë om te verseker dat hy saam die span kan reis.

Scotsman.com berig die departemente van buitelandse sake van Skotland en Frankryk het ingegryp en Strauss sal kan uitdraf.

Dit is nie bekend watter ooreenkoms tussen die partye bereik is nie.

Strauss speel vir die Sale Sharks in Engeland. Hy het al in 19 toetse vir die Skotte gespeel. - Reuters

Meer oor:  Frankryk  |  Skotland  |  Josh Strauss  |  Hane  |  Sesnasies  |  Paspoort
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.