Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Strawwe loting vir Shimlas, Ixias
Hendro Scholtz Foto:

BLOEMFONTEIN. – ’n Nagmerrie-loting.

Dís wat volgende jaar op die Shimlas in die Varsitybeker wag.

Vanjaar se seëvierende Shimlas begin 2016 se reeks met twee wegwedstryde teen die Ikeys en Tukkies, albei tweemalige kampioene.

Vier van die Kovsies se eerste vyf wedstryde is weg van die huis en dit boonop teen vier van verlede jaar se vyf beste spanne (die ander is die Pukke en die Maties).

Trouens dié vier spanne tesame met die Shimlas het oor die agt jaar van die reeks die beste gevaar.

Die Shimlas se drie tuiswedstryde is teen die Sentrale Universiteit vir Tegnologie (SUT), die Universiteit van Johannesburg (UJ) en die Madibaz.

Vanjaar se kampioenspan kan nie te veel kla nie, want hy het in 2015 ’n droomloting gehad met net twee wedstryde, teen NMMU en UJ, wat buite Bloemfontein gespeel is. Die derde “wegwedstryd” was teen sy bure, die Ixias.

Hendro Scholtz, die nuwe hoofbreier van die Blou Trein, het ook nie gekla oor die span se bepalings nie.

“Ja dit is nie ’n maklike loting nie, maar daar is nie iets wat jy daaraan kan doen nie, jy vat dit maar soos dit kom.”

Oor die twee wegwedstryde ná mekaar by twee geleenthede, het Scholtz gesê daar is nie regtig ’n formule wat ideaal is nie.

“Die studente geniet die reis en om ’n bietjie weg te kom, dis darem nie dat hulle vyf dae weg is nie.

“Dis deel van die reeks se uitdagings; om weg van jou tuisveld te kan wen,” het die oud-Bok gesê.

Voorbereidings het twee weke gelede begin en hulle het Dinsdag die eerste veldsessie gehad. Heelparty van die spelers bevind hulle tans in die Cheetahs se vergrote Superrugby-groep.

Jaco Swanepoel en André Tredoux sal soos vanjaar weer deel van die afrigtingspan uitmaak.

  • Ook die Ixias begin hulle veldtog met ’n wedstryd in die Kaap teen die Maties.

Die Bloemfonteiners speel ook net drie wedstryde vanjaar in die SUT-stadion teen die Ikeys, NMMU en Tuks.

Benewens die Maties is hulle ander drie wegwedstryde teen UJ, Pukke en Shimlas.

Die reeks begin op 8 Februarie en nog net vier spanne – Shimlas, Ikeys, Maties en Tukkies – kon al die titel buit.

Meer oor:  Varsitybeker  |  Bloemfontein  |  Studente
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.