Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Stryd gaan woed om langs Frans te speel
Die stryd om die plek langs Frans Steyn in die Cheetahs se middelveld te beman, behoort vir groot mededinging te sorg.Foto: Getty Images

Hulle gaan geweeg word en dié wat te lig bevind word, moet maar weer agter in die ry inval.

Dít is waarop dit gaan neerkom by die Cheetahs om die geskikte sentermaat vir Frans Steyn te vind wanneer daar eendag weer rugby gespeel kan word in Suid-Afrika.

Steyn (32) sal weens sy betrokkenheid by die Springbokke, waarskynlik net sewe maande beskikbaar wees vir die Cheetahs, wat beteken dat die senters in die gekontrakteerde groep alles in die stryd sal werp om langs die tweemalige Wêreldbeker-wenner in die middelveld aan te tree.

William-Small Smith, Chris Smit, Dries Swanepoel en Howard Mnisi is waarskylik die senters wat sake sal moet uitspook om langs Steyn stelling in te neem.

Maar ek glo kompetisie gaan die beste uit elkeen van die senters in die groep na vore bring.
Hawies Fourie

“Almal sal moet meeding vir ’n plek in die span en ek weet daar gaan sterk kompetisie tussen hulle wees. Maar ek glo kompetisie gaan die beste uit elkeen van die senters in die groep na vore bring,” sê Hawies Fourie, hoofafrigter van die Cheetahs.

“Frans sal ongelukkig nie altyd vir ons kan speel nie. Hy sal ook by die Bokke betrokke wees, so hy is so ses, sewe maande vir die Cheetahs beskikbaar en die res van die tyd vir die Springbokke. Dan het ons een senter minder in die groep en dit gaan belangrik wees om ’n ou met ervaring op hoë vlak te hê.”

Dis hier waar veral spelers soos Small-Smith en Mnisi se leiding belangrik gaan wees. Small-Smith het die afgelope seisoen baie op vleuel diens gedoen, maar is intussen terug in sy gunsteling-posisie (buitesenter). Hy behoort eerste in die ry te staan om die nr.13-trui oor die kop te trek.

“Die ouens weet hulle sal elke week goed moet oefen, hul kant moet bring en skerp moet wees om die span te haal en daar te bly.”

Ruan Pienaar

Steyn sal naas die Cheetah-kaptein, Ruan Pienaar (36), die mees ervare speler vir die Cheetahs wees. Albei dié strydrosse het lang loopbane oorsee gehad en het ’n magdom ervaring.

Die ervaring in die groep eindig egter nie daar nie.

“Ons het gelukkig baie ervare spelers, waarvan die slot Carl Wegner, wat terugkeer, een is. Spelers soos die skrumskakel Tian Meyer, die losskakel Tian Schoeman en die heelagter Clayton Blommetjies is ook ervare. Dis ouens wat al baie wedstryde vir die Cheetahs gespeel het,” sê Fourie.

Meer oor:  Frans Steyn  |  Bloemfontein  |  Springbok  |  Rugby  |  Senter  |  Pro14
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.