Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Stryd in Haaitenk wink vir Mohoje

Die Springbok-losvoorspeler Oupa Mohoje kan straks volgende maand sy terugkeer tot mededingende rugby maak wanneer die Cheetahs in Durban teen die Haaie in die Superrugby Unlocked-reeks te staan kom.

Oupa Mohoje hier in aksie vir die Vrystaat-Cheetahs teen die Blou Bulle in ’n Curriebeker-wedstryd in 2018. Hy kan straks sy terugkeer tot mededingende rugby teen die Haaie op 6 November in Durban maak. Foto: Gallo Images

Mohoje het op 1 September 2018 teen Munster in Ierland ’n ernstige kniebesering opgedoen. Ná ’n lang stryd om weer sy fiksheid te herwin, het hy in twee oefenwedstryde vir die Vrystaat teen Griekwas gespeel. Hy sou egter in die Groen-en-Goud-wedstryd op Nuweland op 3 Oktober sy amptelike terugkeer gemaak het, maar is toe aan die wedstryd onttrek nadat hy positief vir die koronavirus getoets is.

Dit lyk nou na ’n uitgemaakte saak dat Mohoje vir die wedstryd op 6 November teen die Haaie in Durban oorweeg gaan word.

“Ons het hom reeds sterk oorweeg vir die wedstryd teen die Leeus en ons het die besluit oor wie op die plaasvervangersbank sou wees (vir die stryd op Ellispark wat toe Saterdag afgelas is) gelos tot voor Donderdagoggend se oefening,” het Hawies Fourie, die Cheetahs se afrigter, gesê.

“Op die ou einde het ons besluit om nie onnodige veranderinge te maak nie. Bestendigheid is nou vir ons belangriker.”

Ek het met Oupa daaroor ook gepraat, hy weet waar hy staan en hy is baie naby aan terugkom in die span.
Hawies Fourie

Mohoje was bestem om vroeg vanjaar al sy terugkeer te maak, maar dieselfde knie wat seergekry het, het toe weer begin lol, wat beteken het dat hy nog langer ’n toeskouer moes bly.

Mohoje het onlangs gesê hy brand weer om te speel en die kans is goed dat hy binnekort weer in aksie gesien sal word.

“Ek het met Oupa daaroor ook gepraat, hy weet waar hy staan en hy is baie naby aan terugkom in die span. Sy fiksheid het mooi opgetel. Hy het verlede Maandag ’n fiksheidstoets gedoen en hy het van sy beste tye gehardloop, so ek is tevrede daarmee.

“Ek glo ná die loslootjie (dié week) sal hy ’n baie goeie kans hê om terug te wees in die span,” het Fourie bygevoeg.

Die Cheetahs se Superrugby Unlocked-wedstryd die afgelope naweek teen die Leeus is op die nippertjie afgelas weens bykomende koronavirus-gevalle in die Leeus se span.

Hulle moes reeds sonder nege van hul gereelde spelers klaarkom en Saterdagoggend is nog twee positiewe gevalle aangemeld, wat die wedstryd in die slag laat bly het.

Meer oor:  Oupa Mohoje  |  Superrugby Unlocked  |  Cheetahs  |  Hawies Fourie  |  Rugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.