Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Stryd teen Bulle gulde kans vir Dan
Dan du PlessisFoto: Gallo Images

Dan du Plessis kry Saterdag teen die Blou Bulle op Loftus Versfeld in Pretoria die geleenteid om sy plek op binnesenter oop te speel vir die uitspeelrondes van die Curriebeker-rugbyreeks.

Du Plessis vir Dan Kriel in die nr.12-trui was een van ’n rits veranderins aan die span wat die Haaie in sy vorige wedstryd met 50-28 geklop het. Die WP gaan met die afskop waarskynlik ’n ligapunt nodig hê om seker te maak dat hy boaan die puntelys eindig.

“Ek wou vir ’n geruime tyd as vir Dan ’n geleentheid gee. Hy was puik toe hy ná ’n besering vir die Supersport-uitdaagreeks teruggekeer het,"  sê die WP se afrigter, John Dobson.

"Hy het slegs 20 minute van ons voorseisoense wedstryd teen Montpellier gespeel sonder om sy hande op die bal te kry en teen die Pumas was hy net een keer in besit gestel,” sê Dobson.

“Dan is potensieel ’n Springbok. Mense besef ook nie hoe fisiek hy is nie. Ons sal aanstaande week besin oor watter een van Du Plessis en Kriel vir ons in die halfeindstryd moet begin.”

Ons sal aanstaande week besin oor watter een van Du Plessis en Kriel vir ons in die halfeindstryd moet begin.
John Dobson

Met die uitsondering van die haker Bongi Mbonambi, wat rus, keer al die Bokke terug wat aan die WP vrygestel is. Dit beteken dat Wilco Louw vir Michael Kumbirai op vaskopstut vervang, Sikhumbuzo Notshe vir Jaco Coetzee op agtsteman, en Damian Willemse vir Josh Stander op losskakel.

Kumbirai en die Bok-skrumskakel Jano Vermaak is albei beseer, maar kan soos die agtsteman Juarno Augustus moontlik aanstaande week weer fiks wees. Neethling Fouché is gevolglik die vaskopstut op die plaasvervangersbank en Herschel Jantjies die skrumskakel in die beginspan.

WP se span is:
Dillyn Leyds, Sergeal Petersen, Ruhan Nel, Dan du Plessis, SP Marais, Damian Willemse, Herschel Jantjies, Sikhumbuzo Notshe, Ernst van Rhyn, Kobus van Dyk, JD Schickerling, Chris van Zyl (k), Wilco Louw, Scarra Ntubeni, Ali Vermaak. PLAASVERVANGERS: Chad Solomon, Caylib Oosthuizen, Neethling Fouché, Salmaan Moerat, Jaco Coetzee, Paul de Wet, Josh Stander.

Meer oor:  John Dobson  |  Pretoria  |  Loftus  |  Rugby  |  Curriebeker  |  Streeptruie  |  Wp  |  Bulle  |  Senter
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.