Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Pumas-strydros De-Jay hang stewels op
De-Jay Terblanche lê in 2018 rieme neer in Mbombela. Foto: Gallo Images

Ná ’n nasionale rekord van 198 wedstryde wat De-Jay Terblanche vir die Pumas as stut uitgedraf het, het sy rugbyloopbaan tot ’n einde gekom.

Die 34-jarige Terblanche het in 2008 sy debuut vir die Laevelders, wat toe nog in Witbank (Emalahleni) gesetel was, gemaak. In 2019 het hy sy laaste wedstryd vir die span van Mbombela gespeel.

Hy het ook van 2018 tot vroeg in 2020 die Southern Kings in tien wedstryde in die Pro14-reeks verteenwoordig.

Terblanche se 198 wedstryde is ’n Suid-Afrikaanse rekord vir die meeste wedstryde deur ’n stut vir ’n provinsiale span.

Hy het al geruime tyd sakebelange in Mbombela en toe die geleentheid hom vroeër vanjaar voordoen om saam met die oud-Blitsbok Hoffmann Maritz ’n maatskappy te koop, het hy nie twee keer gedink nie.

Dit is ’n reuse-aanpassing om nie meer rugby te speel nie. Maar dit is lekker om meer tyd met my familie deur te bring.
Dee-Jay Terblanche

Terblanche erken dit is moeilik om ná langer as ’n dekade ’n lewe weg van die rugbyveld te hê.

“Dit is ’n reuse-aanpassing om nie meer rugby te speel nie. Maar dit is lekker om meer tyd met my familie deur te bring.

“Ek het gedink ek gaan die kontak van rugby niks mis nie, maar dit is wat ek die meeste mis. Omdat ek van oefen hou, gaan ek egter steeds elke oggend gimnasium toe,” sê hy.

De-Jay Terblanche gedurende ’n wedstryd vir die Pumas in 2012 in Mbombela. Foto: Gallo Images

Hoogtepunte was daar baie vir dié nederige reus.

“Maar die lekkerste was om my seuns (Josua en Sion) en vrou (Andrea) langs die veld te hê.

“Die swaarste oomblik en sekerlik die laagtepunt was daardie laaste dag toe ek weet my loopbaan is nou verby. Maar ek weet ek was geseën met so ’n lang loopbaan waarin ek nooit regtig ernstige beserings gehad het nie,” sê Terblanche.

Watter raad sal hy aan jong beroepspelers gee?

“Gee rugby jou alles, maar maak ook tyd om voorsiening te maak en te beplan vir ’n loopbaan ná jou tyd as speler.”

Dit was Jimmy Stonehouse, afrigter van die Pumas, wat Terblanche destyds die geleentheid gegee het om vir dié span te speel.

“Ek sal De-Jay as ’n ongelooflike mens, iemand met integriteit wat ’n goeie spanspeler is, beskryf.

“Sy waarde by die unie was nie net tot die veld beperk nie. Op die veld was hy stewig in die skrums en het goeie werkverrigting gehad. Tog was dit sy selfvertroue en dissipline wat uitgestaan het,” sê Stonehouse.

Meer oor:  Stut  |  Pumas  |  Rekord  |  Uittrede  |  Rugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.