Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Stut jeuk om weer lyn nat te maak
Pieter Scholtz by ’n haai wat langer as hy is wat hy gevang (en teruggegooi) het. Foto: Verskaf

Wat doen jy as jy soos die Southern Kings-stut Pieter Scholtz ’n ywerige hengelaar is, maar weens die inperkings nie by die viswater kan uitkom nie?

“Ek kyk maar na visvang-video’s op YouTube of soek programme op televisie waar die ouens visvang,” vertel Scholtz.

Dié bebaarde voorryman het die dag voordat die inperkings begin het saam met ’n maat afgesit na Hoganpark in Port Elizabeth, waar hulle gou die lyne natgemaak het.

“Ons het so ’n paar haaie en ’n paar elwe gevang,” vertel Scholtz, wat op 20 Maart 26 jaar oud geword het.

Hy is ’n lid van die POAC-klub.

“Die Post Office Angling Club,” verduidelik hy. “Nee, jy hoef nie vir die Poskantoor te werk om aan die klub te behoort nie.”

Pieter Scholtz is, nes baie hengelaars, baie gefrustreerd omdat hy nie by die viswater kan uitkom nie. Foto: Verskaf

Scholtz hou die meeste daarvan om haaie te vang. Die grootste een wat hy al uitgetrek het, was ’n skeurtandhaai, wat 2,08 m lank was.

Hy gooi die meeste visse wat hy vang terug in die see.

Het hy al ’n haai geëet?

“Ek het nog nooit ’n behoefte daaraan gehad nie,” antwoord hy, effens verras.

Toe hy nog in die binneland gewoon het, het hy afgesit dam toe wanneer hy tyd gekry het om karp te vang.

Onlangs het ’n video op Facebook die ronde gedoen waarin ’n ou, wat nogal soos Scholtz lyk, voor die televisie sit en hy speel so ’n visvang-speletjie.

“Ek het die video vir die Kings-blad aangestuur. Hulle het gevra waarmee hou ons ons besig. Maar dis nie ek daardie nie, dis sommer iets wat ek iewers gesien het. Ek kan nie daardie duur speletjie bekostig nie!” erken Scholtz al laggende.

Tussen die verlange na die viswater oefen hy darem ook by sy huis in Port Elizabeth.

“Ons kry elke oggend ’n lys van oefeninge wat ons moet doen (van die Kings). Dis onsekere tye, maar ’n ou moet fiks bly,” sê hy.

* Kyk kier na die video

Meer oor:  Koronavirus  |  Visvang  |  Hengel  |  Pro14  |  Kings  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.