Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Stuurman wil klubs meer sê in OP-sake gee

Vernon Stuurman het gesê hy sou nie sy naam in die hoed gegooi het as hy nie gedink het dat hy genoeg steun het om die Oostelike Provinsie se president te word nie.

Die OP se klubs moet Saterdag op die unie se jaarvergadering in Gqeberha tussen Stuurman en André Rademan kies.

Rademan, wat in April 2017 as die OP-president verkies is, het bevestig dat hy ook weer vir die pos beskikbaar is.

Stuurman, ’n inwoner van Humansdorp, is tans ’n lid van die uitvoerende burgemeesterskomitee wat vir die finansiële bestuur in die Sarah Baartman-distriksmunisipaliteit verantwoordelik is.

Vernon Stuurman wil graag die OP Rugbyunie se nuwe president word. Foto: Verskaf

Volgens hom sal hy steeds genoeg tyd vir sy pligte as OP-president hê en beplan hy ook nie om te trek as hy sou wen nie.

“Humansdorp is nie so ver van Gqeberha af nie en ek weet ek sal genoeg tyd vir die werk van die OP-president hê,” het Stuurman gesê.

Vir hom is dit belangrik dat die klubs meer sê in die unie se besluitneming moet kry.

“Ons moet weer kyk na die formaat waarin die klubs tans speel. Ek is nie so seker dat die huidige struktuur werk nie.

“Ek kom ook nie met beloftes dat ek ’n borg het wat sy geld by die unie gaan pomp nie. Wat ek wel sal doen as ek verkies word, is om ’n goeie ouditeursfirma aan te stel om die unie te help om ’n beter beeld by beleggers te kry.”

Stuurman het in sy jonger dae vleuel en senter vir Temperance, Glen Roses en Kruisfontein United gespeel.

Toe “die skarniere begin lol het”, het hy by Humansdorp All Blacks afgerig.

Kruisfontein United het hom toe genader om sy president te word en hy het die amp tot 2017 gevul.

Die span beamptes met wie Stuurman hoop om Saterdag die OP-verkiesing te wen, is as volg: Willie Blundin (ondervoorsitter), Henry Jeggels (vise-voorsitter), Temba Maseti (finansies), Theo Ketchim (klub-aangeleenthede), Tony de Laura (provinsiale aangeleenthede) en Amir Mpayipeli (ontwikkeling).

Meer oor:  Oostelike Provinsie  |  Op  |  Opru
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.