Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Suidsee-rugbyoorlog begin in Julie
Die All Blacks kan hulle maar solank vir vurige teenstand staal wanneer hulle in Julie teen Tonga en Fidji te staan gaan kom. Foto: Getty Images

Dis nou amptelik, die All Blacks en Fidji sal in Julie die eerste keer in hul geskiedenis in ’n reeks van twee toetse teen mekaar te staan kom.

Die Nieu-Seelandse Rugbyunie (NSRU) het Maandag aangekondig dat die Kiwi’s voor dié reeks in een toets teen nog ’n buurman in die Suidsee, Tonga, te staan sal kom.

Die All Blacks en Tonga sal op 3 Julie in die Mt Smart-stadion in Auckland teen mekaar te staan kom, voordat die Fidjiane in die daaropvolgende twee naweke in Dunedin en Hamilton die stryd aangesê sal word.

Ofskoon Nieu-Seeland ’n sterk verbintenis met spelers van oor die Suidsee-streek het en ’n rugbytuiste vir baie van hulle bied, speel die All Blacks selde teen sy buureilandspanne.

Die laaste keer wat Nieu-Seeland byvoorbeeld met Fidji kragte gemeet het, was in 2011, toe hy met 60-14 in Dunedin geseëvier het.

Die All Blacks en Tonga was wel meer onlangs slaags. Hulle het kort voor die Wêreldbeker-toernooi in 2019 kragte gemeet. Die All Blacks het toe ’n weghol-oorwinning van 92-7 behaal.

Die reeks teen Fidji is inderhaas gereël nadat Italië weens Covid-19-oorwegings daarteen besluit het om in Nieu-Seeland te gaan toer.

Samoa sal ’n verdere Suidsee-geur aan rugby in Nieu-Seeland gee in Julie. Hy kom op 3 Julie teen die Maori All Blacks te staan en speel op 17 Julie in ’n kwalifiserende wedstryd vir die Wêreldbeker-toernooi in 2023 teen Tonga.

Dis nog onseker waar die Rugbykampioenskapstoetse teen Suid-Afrika, Argentinië en Australië vanjaar sal plaasvind, maar die NSRU het aangedui dat Eden Park in Auckland en Wellington gasheer vir verskeie kragmetings sal speel. – Reuters

Meer oor:  Tonga  |  Fidji  |  Italië  |  All Blacks  |  Rugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.