Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Sunwolves se vlammetjie nog nie geblus
Hosea Saumaki van die Sunwolves duik in 2018 oor die doellyn teen die Reds in ’n Superrugby-kragmeting in Tokio, Japan. Foto: Getty Images

Die deur blyk steeds op ’n skrefie oop te wees vir die Sunwolves om saam met die Australiese Superrugbyspanne, asook die Western Force, aan ’n plaaslike Aussie-reeks deel te neem.

Die Superreeks is in Maart opgeskort toe die Covid-19-pandemie sportspanne die wêreld oor genoop het om hul bedrywighede op ys te sit.

Australië het planne aangekondig dat die Waratahs, Reds, Brumbies en Revels saam met die Force van Julie in ’n reeks kragte sal meet. Daar was sprake dat die Sunwolves, in hul laaste jaar van Superrugby ook daarby ingesluit sou word.

Toe die Rebels se uitvoerende hoof, Baden Stephenson, die afgelope week aan verslaggewers sê dat “logistieke probleme” straks ’n stokkie vir die Sunwolves se deelname gaan steek, is algemeen aanvaar dat hul doppie geklink is.

Maar Rob Clarke, Rugby Australië (RA) se waarnemende uitvoerende hoof, het Saterdag aan die media gesê dat hulle steeds met hul eweknie in Japan praat.

“Ons is steeds besig met die Sunwolves asook die Australiese regering te praat. Dit is nie ’n vinnige proses nie.”

Die Sunwolves, wat reeds aangedui het dat hulle gretig is om aan die beplande reeks deel te neem, het ook in ’n verklaring aangedui dat gesprekke nog nie van die baan is nie.

Behalwe dat die reeks die spelers terug op die speelveld sal kry nadat die kornonavirus uitgebreek het, sal dit ook RA help om die finansiële krisis waarin hy homself bevind in ’n mate te beredder.

RA moet nog ’n ooreenkoms vir uitsaairegte vir aanstaande jaar beklink, maar Clarke sê die kwessie is een van sy prioriteite en dat hy in gesprekke met Fox Sports is om die bestaande kontrak tussen die twee partye te hernu.

“Daardie gesprekke sal volgende week voortgesit word. Ek is vol vertroue dat ons binnekort uitsluiting sal kry, veral omdat ons probeer om ’n plaaslike ‘Super-reeks’ op die been te bring,” sê Clarke. – Reuters, Sportredaksie

Meer oor:  Sunwolves  |  Rugby Australië  |  Rob Clarke  |  Covid-19  |  Rugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.