Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Super-breiers help Bokke kies
Die no. 1-man: Allister Coetzee sal steeds die laaste en die grootste sê hê oor die samestelling van die Bok-span.

Springbokrugby sal onder Allister Coetzee ontslae raak van sy tradisionele paneel van nasionale keurders, met die land se Superrugby-afrigters wat in ’n ongekende stap voortaan ’n groot sê sal hê in die kies van die Springbokspan.

Dít was een van die verrassendste wendings die afgelope week tydens die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (Saru) se uitvoerende komitee-vergadering in Kaapstad.

Coetzee sal na verwagting op 12 April as Heyneke Meyer se opvolger aangewys word nadat Saru se hoofraad eergister eenparig die aanbeveling van sy uitvoerende raad (om Coetzee aan te stel) aanvaar het.

Rapport verneem Nollis Marais, Franco Smith, Johan Ackermann, Gary Gold, Deon Davids en Robbie Fleck sal weekliks hul spelers se spelpeil met Coetzee en Peter Jooste bespreek. Rassie Erasmus, Saru se rugbyhoof, sal in ’n raadgewende hoedanigheid by dié proses betrek sal word.

Saru het Donderdag die heraanstelling bevestig van Jooste, wat sedert 2004 as ’n senior keurder dien. Dít nadat sy termyn ná verlede jaar se Wêreldbeker-toernooi in Engeland en Wallis saam met dié van Ian McIntosh beëindig is.

Die beheerliggaam sal ná Mei se vergadering van sy uitvoerende komitee ook die name van ’n junior en ’n sewes­keurder bekend maak.

Na verneem word het Saru doelbewus wegbeweeg van die gebruiklike groter keurpaneel, ten einde “meer sinvolle bydraes” van die land se Super-afrigters te fasiliteer.

Marais, Smith, Ackermann, Gold, Davids en Fleck word nou deur Saru as ’n sub-keurkomitee vir Coetzee-hulle beskou.

Met die besluit word ook probeer om die kommunikasie tussen die Bok-afrigter en die plaaslike franchise-spanne, wat in die verlede uiters gebrekkig was, te verbeter.

Goeie kommunikasie tussen Saru, Coetzee en die Super-afrigters is veral nou belangrik vanweë die gesamentlike kontrakte wat onlangs aan sowat 20 van die land se voorste Bokke toegeken is met die doel om die speleruittog na Europa en Japan te stuit. Coetzee sal egter steeds die laaste en grootste sê hê in die kies van sy Bokspanne.

Meer oor:  Allister Coetzee
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.