Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Superspanne kry ‘skop’ van super-helde

Die Haaie in die gewaad van die Black Panther, die Leeus as Spider-Man, die Stormers met ’n Thor-tema en die Bulle met truie wat aan Captain America herinner.

Rapport verneem ’n nuwe drieledige ooreenkoms tussen die strokiesprentreus Marvel, die vier Suid-Afrikaanse spanne en SuperSport gaan volgende jaar die “Super” behoorlik in die Superrugby-reeks sit.

Captain America
Black Panther
Thor
Spider-Man

’n Verklaring van SuperSport word binnekort verwag waarin dié uitsaaier sal aankondig dat hy sy bemarkingsveldtog vir volgende jaar se reeks op gewilde karakters uit Marvel se uiters suksesvolle Avengers-rolprentreeks gaan skoei. Elke wedstryd waarin twee Suid-Afrikaanse spanne teen mekaar te staan kom, sal ’n superheld-geur hê, het verskeie bronne bevestig.

Vier karakters, Black Panther, Spider-Man, Thor en Captain America sal glo dien as inspirasie vir elk van die vier spanne se truie wanneer hulle in derby-wedstryde teen mekaar te staan kom. Die Haaie, wat tradisioneel in swart speel, sal glo in truie met ’n Black Panther-tema speel. Die Bulle se blou pas goed by dié van Captain America en hulle kan moontlik in truie met dié karakter as tema uitdraf.

Die Leeus se rooi herinner aan dié van Spider-Man. Die kans is dus goed dat hulle inspirasie uit dié karakter sal put. Thor, die god van donderweer, is nommerpas as karakter vir die Stormers.

Dit is nog onduidelik tot hoe ’n mate die spanne se truie deur hul unieke superhelde se uitrustings geïnspireer gaan word.

Dié truie sal ook slegs vir wedstryde gebruik word waarin twee Suid-Afrikaanse spanne teen mekaar speel. Die oorsese spanne sal nie in superheld-vere opgetof word nie.

Daar word verneem elke span sal drie truie bekend stel – ’n tuis-, weg- en Marvel-trui. Die Marvel-trui sal nie op dieselfde tyd as die ander truie bekend gestel word nie.

Clinton van der Berg, ’n woordvoerder van SuperSport, het by navraag gesê daar is “opwindende planne”, maar hy mag nie veel meer sê nie. ’n Verklaring word binnekort verwag, maar nog nie vandeesweek nie.

Meer oor:  Haaie  |  Supersport  |  Stormers  |  Leeus  |  Bulle  |  Superrugby-Reeks  |  Strokiesprente
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.