Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
SuperSport dalk ’n remskoen vir VS se planne

Die Cheetahs wil glo eers hul beplande regstappe deeglik met hul aandeelhouer SuperSport deurtrap voordat hulle tot die daad oorgaan.

SuperSport het ’n aandeel van 24,5% in die Cheetahs Maatskappy en is ’n belangrike rolspeler in Suid-Afrikaanse rugby.

Die Cheetahs het daarom ná hul direksievergadering Vrydag besluit om hul planne vir eers vertroulik te hou nadat SA Rugby se hoofraad hulle Dinsdag uit die Pro16-reeks gestem het.

Jerry Segwaba, president van die Vrystaatse Rugbyunie.Foto: Argief

Die moontlikheid bestaan dat daar selfs ’n geelwortel in die gesprekke aan die Cheetahs uitgehou kan word wat moontlike hofsake sal vermy.

Jerry Segwaba, president van die Vrystaat Rugbyunie, ’n direkteur van die Cheetahs en een van die twee Vrystaatse afgevaardigdes op Dinsdag se vergadering, meen die hoofraad se besluit was ’n fout.

“Ek was baie teleurgesteld dat die Cheetahs wéér hul regmatige plek in wêreldrugby ontsê is nadat ons in 2017 uit Superrugby gelaat is,” het Segwaba gesê.

Die hoofraad was net bereid (om te onderhandel) as die Cheetahs vooraf afstand doen van hul verskanste regte in Pro-rugby.

“Die Cheetahs het verskeie kere by SA Rugby en die ander franchises gepleit om ’n oplossing in belang van Suid-Afrikaanse rugby en al die franchises deur onderhandeling te vind.

“Die hoofraad was net bereid (om te onderhandel) as die Cheetahs vooraf afstand doen van hul verskanste regte in Pro-rugby, iets wat ons vanselfsprekend nie kon doen nie.

“Die Cheetahs het ook telkemale voorgestel dat die franchises uitspeel as daar werklik net plek vir vier is. Dit sou regverdig wees. Ook hierdie pleidooi het op dowe ore geval.

“As die huidige besluit (dat die Cheetahs uit die Pro14 val) staan, sal die Cheetahs groot skade ly wat sy bestendige prestasie op professionele, Springbok- en wêreldvlak nadelig sal raak.

“Die direkteure van die Cheetahs het ’n morele, regs- en vertrouensplig om die belange van die franchise, sy spelers, personeel, ondersteuners, die ontwikkelingspyplyn van skool-, universiteits-, klub- en professionele rugby, asook sy höeprestasie-afrigtingsgeriewe te beskerm.”

Rapport verneem SA Rugby het op einde Augustus en Dinsdag se vergadering statistieke gebruik om aan die land se rugbybase te wys waarom die Bulle, Leeus, Haaie en Stormers ten koste van die Cheetahs en Kings volgende jaar in die Pro16 moet speel.

Rekord

Daarvolgens het die Cheetahs vyfde op ’n ranglys van die topvyf-spanne in Suid-Afrika aan onder meer TV-kykers, begrotings en borginkomste gemeet.

Ingeligtes het aan Rapport bevestig die gemiddelde begroting vir die Suid-Afrikaanse Superrugby-franchises is tans sowat R162 miljoen elk per jaar teenoor die Kings en Cheetahs se R82 miljoen elk.

Van die statistieke wat op die hoofraad se vergadering gebruik is, is byna soos ’n meisie se bikini.

Die Griekwas en Pumas se begrotings is sowat R32 miljoen elk en die klein unies s’n sowat R14 miljoen elk.

SA Rugby het ook verskeie ander statistieke oor onder meer Springbokke, bywoningsyfers, ekonomiese omgewing en demografie gebruik om rugbybase te oortuig dat die Bulle, Leeus, Haaie en Stormers volgende jaar in die Pro16 speel. Sien van die statistieke in die grafika.

“Die Cheetahs was in die meeste van die statistieke wat gebruik is in die vyfde plek,” het ’n rugbyadministrateur, wat in SA Rugby se hoofraad dien, gesê.

WP

“Pro-rugby het aangedui dat dit SA Rugby se besluit is wie in die Pro16 speel. Het hulle besluit dis die Cheetahs, sou ons weens verskeie faktore minder geld vir ons kommersiële regte verdien het. Almal, tot die klein unies, sou dan volgende jaar minder geld in TV-regte gekry het.”

’n Ingeligte sê egter in van die statistieke word appels met pere vergelyk. Hy meen dit sou regverdiger wees om die Cheetahs saam met die drie ander franchises in die Pro16 te laat speel en dan statistieke te vergelyk.

“Van die statistieke wat op die hoofraad se vergadering gebruik is, is byna soos ’n meisie se bikini,” het die ingeligte gesê.

“Jy sien baie, maar nie alles nie. So byvoorbeeld is die bywoningsyfers van die Cheetahs se wedstryde in die Curriebeker-halfeindstryde en eindstryde nie gebruik nie.”

Skole

Een van die hoofraadslede met wie Rapport die week gepraat het, het gesê Dinsdag se stemmery was emosioneel uitputtend.

“Dit het langer as vier ure geneem om eindelik ’n meerderheid van 75% te kry oor watter vier spanne in die Pro16 moet wees.

“Toe ons die agtste keer daaroor stem, het 12 van die 13 unies vir die Bulle, Leeus, Haaie en Stormers se deelname gestem.”

Rapport verneem dat drie ander unies, die Pumas, Luiperds en Griffons, in die eerste sewe rondes van die stemmery die Cheetahs se voorstel ondersteun het dat die hoofraad oor een span op ’n slag moet stem en nie vir al vier eensklaps nie, soos die geval was.

Meer oor:  Pro14  |  Supersport  |  Sa Rugby  |  Cheetahs  |  Pro16  |  Regstappe  |  Saru  |  Rugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.