Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
SUT-rektor toe ook rugbykenner
Jan Kotze
Jan Kotze het vanjaar vir die Ixias in die Varsitybeker-reeks uitgeblink. Foto: Verskaf

Die vertoning op die veld van ’n rugbyspeler wat junior rugby vir die Valke gespeel het, het so ’n groot indruk op ’n akademikus gemaak dat hy vir hom die wiel aan die rol gesit het om in die Varsitybeker-reeks te speel.

Die 22-jarige Jan Kotze, ’n losvoorspeler, was vanjaar ’n uitblinker vir die Ixias in die studentereeks en het veral met sy inklimspel die oog getref.

Nadat hy in 2015 aan die Hoër Volkskool Heidelberg gematrikuleer het, het hy hom by die Valke aangesluit. Die volgende jaar is Kotze, wat toe ook die stelskopwerk vir sy span behartig het, as die unie van die Oos-Rand se Junior Speler van die Jaar aangewys.

Prof. Henk de Jager, deesdae rektor en visekanselier van die Sentrale Universiteit vir Tegnologie (SUT) en self ’n kranige rugbyspeler in sy jong dae, het destyds ’n wedstryd van die Valke se o.20-span bygewoon.

De Jager se talente is nie net beperk tot die akademie nie. Hy het aan die HTS Upington (deesdae bekend as Hoërskool Duineveld) gematrikuleer en was in 1982 kaptein en slot van Noordwes-Kaap se Cravenweekspan.

Prof. Henk de Jager, rektor en visekanselier van die Sentrale Universiteit vir Tegnologie. Foto: André Damons

Hy was so beïndruk deur Kotze se spel dat hy ná die wedstryd op ’n geselligheid iemand wat saam met hom aan tafel gesit het, gevra het om hy dié speler ken. Soos die geluk dit wou hê, was dit Kotze se pa, Jannie. Hy het gevra of hy sy seun se CV vir De Jager kan stuur.

De Jager het later Kotze se CV aan Skillie Bester, spanbestuurder van die Ixias, gegee en gevra of hy van die jong speler bewus is. Bester het die jong Kotze geken, aangesien hy en Jannie van graad een tot matriek saam op skool in Bloemfontein was. Kort voor lank het Kotze sy onderwysstudie aan SUT begin.

Kotze sê sy gestremde broer, Johan, is sy grootste ondersteuner.

“Ek het vanjaar regtig begin om my rugby te geniet en is bly oor die speelkans wat ek kry.”

Meer oor:  Varsitybeker  |  Valke  |  Rugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.