Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Swarts betaal prys vir agttal se gesukkel
Generaal, generaal, kan jy vir Griekwas kom lei? George Whitehead moet Vrydag rigting aan die Poubloues se agterlyn gee.Foto: Gallo Images

’n Losskakel kan nie ’n wedstryd beheer as sy voorspelers nie voorlangs oorheers nie.

Só sê Griekwas se afrigter, Peter Engledow, oor die weglating van André Swarts uit die span wat die Haaie Vrydag in Kimberley in ’n Curriebeker-wedstryd aandurf.

“André het teen die Goue Leeus (verlede naweek) gesukkel om die wedstryd te beheer. Dit was egter omdat die voorspelers op die agtervoet was,” sê Engledow.

André het teen die Goue Leeus gesukkel om die wedstryd te beheer.
Peter Engledow

George Whitehead, wat Swarts teen die Leeus met rustyd vervang het, kry dié week kans in die nr. 10-trui.

“George het hom goed van sy taak gekwyt toe hy opgestuur is.”

Whitehead is een van ses veranderinge (wat ’n posisionele skuif insluit), wat Engledow aangebring het.

Kyle Steyn begin op buitesenter in die plek van Tertius Kruger, wat ’n blaaskans kry.

Enver Brandt maak sy terugkeer op linkervleuel in die plek van Koch Marx.

Brandt het sy hand verlede maand teen die Westelike Provinsie gebreek.

Peter Engledow.

Voorlangs vervang Jonathan Adendorf vir Shaun McDonald op slot. Adendorf moes hom verlede week op die nippertjie weens ’n voetbesering aan die span onttrek.

Engledow hoop dat Adendorf beter besit in die lynstane kan verseker.

“Ons het nie groot en lang slotte nie. Maar ons moet ook nie besit in die lynstane op ons eie ingooie wegsmyt nie. Die Haaie ding waarskynlik die beste van alle spanne mee in dié faset van die spel,” sê Engledow.

Stephan Kotze is die nuwe vaskopstut in die plek van Nicolaas Oosthuizen, wat na die loskopkant skuif in die plek van Liam Hendricks.

Die skrumskakel Christiaan Meyer het steeds las van die dyspierbesering wat hom uit verlede week se kragmeting gehou het.

Griekwas: AJ Coertzen (k), Ederies Arendse, Kyle Steyn, Johnathan Francke, Enver Brandt, George Whitehead, Renier Botha, De Wet Kruger, Sias Koen, Wendal Wehr, Pieter Janse van Vuren, Jonathan Adendorf, Stephan Kotze, AJ le Roux, Nicolaas Oosthuizen. PLAASVERVANGERS: Wilmar Arnoldi, Liam Hendricks, Sintu Manjezi, Shaun McDonald, Tiaan Dorfling, André Swarts, Eric Zana.

Meer oor:  Peter Engledow  |  Kimberley  |  Span  |  Losskakel  |  Curriebeker  |  Griekwas  |  Rugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.