Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
‘Franco een van grootste verliese’

Francois Venter, ’n Springbok-senter en voormalige kaptein van die Cheetahs, sê hy dink nie mense besef die groot verlies wat Franco Smith vir die unie gaan wees nie.

Francois Venter in aksie vir die Worcester Warriors. Foto: Getty Images

Venter (28), wat deesdae vir die Worcester Warriors in die Engelse Premierliga speel, het onder Smith se afrigting ’n Bok geword.

Smith sluit hom in Januarie by Italië as afrigter aan.

“Hy is iemand wat anders kyk na die spel. Hy was nog altyd daar om spelers beter te maak. Hy het spelers ook beïnvloed om beter mense te word,” sê Venter.

“As ’n Vrystater en voormalige Cheetah is Franco se vertrek vir my een van die grootste verliese vir die unie. Dis ’n jammerte, ek hoop net die volgende afrigter kan sy skoene vol staan en die Vrystaat tot dieselfde hoogtes neem.”

Swys, soos hy onder sy spanmaats bekend staan, was een van heelwat spelers wat floreer het onder Smith.

“Dis sleg om elke (Pro14-)seisoen met ’n nuwe afrigter te begin, selfs al bring die senior spelers hul kant.

“Dan is daar nog ook die kwessie van wedersydse vertroue wat tussen die spelers en die afrigter gebou moet word. Ek hoop die nuwe afrigter kan iets begin bou vir die toekoms.”

Rory Duncan, nou die hoofafrigter van die Worcester Warriors, het die Cheetahs in die eerste seisoen in die Pro14-reeks afgerig, waarna Smith oorgeneem het.

Venter was een van meer as ’n dosyn spelers wat die Cheetahs aan die einde van hul eerste seisoen in die Pro14-reeks verlaat het. Hul vertrek het grootliks bygedra tot die span se gemengde welslae die afgelope seisoen.

“Dit sou altyd ’n moeilike tweede Pro14-seisoen vir die Cheetahs gewees het met die baie spelers wat weggegaan het. Maar, as daar gekyk word na die oorwinnings wat hulle behaal en die aantal drieë wat hulle gedruk het, is daar beslis positiewe aspekte wat hulle uit die seisoen kan neem,” sê hy.

Hy benadruk vir die Cheetahs om ’n goeie span te bou, word standvastigheid benodig en spelers wat vir minstens vyf jaar by die unie bly. Dan sal die verlangde uitslae behaal word, sê Venter.

“Ek dink die Vrystaat was die afgelope seisoen weer waar ons in 2014 was toe Franco oorgeneem het. Die uitslae wat almal soek, gaan nie onmiddellik kom nie, maar daar was wel groei.”

* Die Cheetahs se derde Pro14-afrigter sal voor einde Junie aangewys word.

Meer oor:  Cheetahs  |  Franco Smith  |  Francois Venter  |  Rugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.