Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Swys glo oud-Leeu is aanwins vir Skotte

Swys de Bruin, voormalige hoofafrigter van die Leeus, glo die oud-Leeu Jaco van der Walt is reg om sy buiging in toetsrugby vir Skotland te maak.

Die 26-jarige boorling van Potchefstroom is saam met nog twee Suid-Afrikaners, Oli Kebble en Duhan van der Merwe, op die Skotse afrigter Gregor Townsend se radar om later vanjaar toetsrugby te speel

“Jaco het baie gegroei en ontwikkel sedert ek hom as ’n junior afgerig het,” het De Bruin gesê.

Rugby
Swys de Bruin. Foto: Gallo Images

“Hy is reg vir toetsrugby. Hy sal baie goed vir Skotland doen. Hy het ’n baie sterk kop op sy skouers en raak nie maklik paniekerig nie. Ek hou baie van hom.”

Van der Walt is ’n produk van die Hoërskool Monument in Krugersdorp. In 2011 en 2012 was hy as ’n lid van die Leeus se Cravenweekspan vir die Suid-Afrikaanse skolespan gekies.

Daarna het hy van 2014 af vir die Leeus gespeel voordat hy in 2017 na die Skotse klubspan Edinburgh is.

“Ek het in ’n stadium gedink sy spelerprofiel pas dalk goed by ’n 12 s’n, omdat hy so ’n puik verdediger is. Hy geniet dit om die voordeellyn aan te val. Ek het selfs gedink hy kan goed op 15 doen omdat hy daarvan hou om ’n bietjie meer ruimte te hê om in te speel.

“Die enigste werk wat ek destyds aan sy spel moes doen, was om hom te leer om die opposisie se aangee aan te val en die lyn te anker, eerder as om kant (sywaarts) toe te gaan en almal een posisie aan te laat skuif.

“Ek dink Gregor sal hom goed gebruik. Jaco was briljant op junior vlak,” het De Bruin gesê.

Townsend het aan www.glasgowtimes.co.uk erken dat hy die 25-jarige vleuel Van der Merwe, Van der Walt en die 28-jarige stut Kebble oorweeg.

“Duhan is nou beskikbaar, Oli in Oktober en Jaco middel-November. Dit is drie spelers wat ons weet later vanjaar in aanmerking sal kom en hulle speel baie goed vir hul klubs,” het Townsend gesê.

“Oli was ’n gereelde lid van die span in Glasgow en Jaco gaan hard meeding om ’n plek op 10.

“Hulle is drie spelers wat tot ons diepte sal bydra en is drie spelers wat beslis internasionale rugby kan speel.”

Van der Merwe speel van 2017 af vir Edinburgh, terwyl Kebble hom dieselfde jaar by Glasgow Warriors aangesluit het.

Meer oor:  Swys De Bruin  |  Skotland  |  Gregor Townsend  |  Jaco Van Der Walt  |  Rugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.