Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Swys de Bruin help vir eers Helpies

Totdat hy ’n besluit oor ’n beroepspan geneem het, sal Swys de Bruin sy gewig by Helpmekaar-kollege ingooi.

Hy sal as ’n konsultant by Helpies betrokke wees met die hooffokus op die verbetering van al die spanne se aanvallende spel, asook om Helpies se afrigters te ontwikkel. Hulle het reeds ’n opleidingsessie saam met De Bruin gehad.

Swys de Bruin

“Skolerugby is nog altyd ’n passie van my. Dis nog ’n geleentheid om ’n verskil te maak,” het De Bruin gesê.

Die voormalige Springbok-hulpafrigter en gewese hoofafrigter van die Leeus doen ook korttermynkonsultasiewerk vir die Kings.

Sy gewildheid as een van SuperSport se rugby-ontleders is ook aan die toeneem. Vanweë sy onlangse betrokkenheid by spanne soos die Leeus en Bokke, bied hy insae in spanne se binnewerkinge aan TV-kykers soos wat min ander ontleders kan.

Die 60-jarige boorling van Ficksburg is ook in die visier van verskeie beroepspanne wat sy dienste wil bekom. “Daar is belangstelling, maar ek gaan geen besluite oorhaastig neem nie.”

Die Walliese klubspan, die Ospreys, is een van die spanne wat De Bruin as hoofafrigter wil betrek nadat die klub einde verlede jaar van Allen Clarke ontslae geraak het. In Clarke se afwesigheid het Matt Sherratt, Carl Hogg en Mike Ruddock tydelik oorgeneem. Sherratt is ook die aanvalsafrigter en het planne om later vanjaar die Walliese klub te verlaat.

Wales Online het De Bruin se naam vroeër saam met dié van Felix Jones as twee van die sterkste aanspraakmakers genoem. Jones is intussen deur SA Rugby bevestig as een van die Bokke se hulpafrigters, onder Jacques Nienaber as hoofafrigter..

Georgië hoop ook hy kan De Bruin as afrigter werf vir wanneer hulle op 18 Julie in Port Elizabeth in ’n toets teen die Springbokke speel. Die Georgiese aanbod word geldelik deur die beheerliggaam Wêreldrugby ondersteun.

De Bruin wou nie kommentaar lewer oor die aanbod van Georgië nie, al het hy dit bevestig.

Meer oor:  Swys De Bruin
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.