Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Swys Venter loop slypsessie mis

Die Cheetahs se kaptein, Francois Venter, het die span se oefening Donderdag weens ’n rugbesering misgeloop.

Francois Venter verlede week in aksie teen die Newport Gwent Dragons in Wallis. Foto: Gallo Images

Venter (26) is een van ’n handvol spelers wat teenwoordig was, maar nie geoefen het nie.

Dié senter, wat hom ná die Pro14-seisoen by die Engelse klubspan die Worcester Warriors aansluit, het ná die oefening gesê die besering is nie so ernstig nie.

Die flank Henco Venter, die slot Rynier Bernardo en die veelsydige agterspeler AJ Coertzen is van die ander spelers wat die oefensessie, wat in bloedige hitte beslis is, ook misgeloop het.

Ook die losskakel Johan Goosen, wie se oefening Woensdag weens ’n oënskynlike heupbesering kortgeknip is, het nie geoefen nie. Dit het op die oog af nie gelyk of hy ongemak verduur nie.

Die Cheetahs se afrigter, Rory Duncan, sê daar is nie enige rede tot kommer nie.

“Ja, daar is ’n paar spelers wat met skete sit, maar ons sal Maandag sien waar ons staan.”

Die Cheetahs en die Cardiff Blues kom aanstaande Saterdag in Bloemfontein teen mekaar te staan.

Albei die spanne spog met 10 oorwinnings ná 18 wedstryde. Die Cheetahs (52) is derde in Konferensie A, gevolg deur die Cardiff Blues (47).

Meer oor:  Pro14  |  Cheetahs  |  Johan Goosen  |  Francois Venter
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.