Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Taai stryde wag in Eersteliga-halfeindronde

Al het die Luiperds en die Griffons die voordeel dat hulle op hulle tuisvelde in aksie gaan wees, is dit nie ’n waarborg dat hulle hul Eersteliga-halfeindstryde gaan wen nie.

Sherwin Slater, die kaptein van die Oostelike Provinsie Olifante, sê hy glo dit gaan twee uiters mededingende kragmetings wees.

Die Luiperds speel Vrydag op Olënpark in Potchefstroom teen die Boland en die Griffons kom Saterdag op hul tuisveld in Welkom teen die Valke te staan.

“Met al die probleme met Covid-19-regulasies was dit hierdie seisoen vir spanne moeilik om te reis en goed te vaar, maar ek dink tog die Luiperds en die Griffons kan taai wedstryde verwag,” sê Slater.

Robey Leibrandt, die Luiperds se haker, was sover hierdie seisoen een van sy span se groot uitblinkers. Die Luiperds speel Vrydag in Potchefstroom in die Eerste Liga se eerste halfeindstryd teen die Boland. Foto: Mario van de Wall

“Die Boland is toevallig een van die spanne wat skaflik in wegwedstryde vertoon het. Dié span bly ook maar onvoorspelbaar.”

Slater voel tog dat die Luiperds se sterk pak voorspelers die skaal in hulle guns sal kan laat swaai.

“In Shirwin Cupido en Danrich Viagie het die Luiperds ook ’n baie goeie skakelpaar,” waarsku Slater.

Saterdag se stryd tussen die Griffons en die Valke kan volgens Slater rof raak.

“Die Griffons ken eindstryde. Hulle is ’n kliniese span met ’n baie beweeglike lostrio,” sê hy.

“Die Valke is weer ’n span wat tot die bitter einde veg. Hulle het ons (die OP) in die laaste 20 minute van ons voete af gespeel.”

Hoewel die OP nie hierdie seisoen die uitspeelwedstryde gehaal het nie, is Slater nie in sak en as nie.

“Dit was ’n verskriklike moeilike seisoen met die pandemie wat dinge so ontwrig het en dan was ons ook besig om span te bou,” sê.

“Peter (de Villiers, die afrigter) het nou die fondasies gelê en ek is opgewonde oor die toekoms.”

• TV: Vrydag: Luiperds teen Boland van 16:30 op DStv kanaal 211. Saterdag: Griffons teen Valke van 11:25 op DStv kanaal 211.

Meer oor:  Eerste Liga  |  Curriebeker
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.