Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Waratahs verneder Reds in Sydney

Die Waratahs het Saterdag die Reds van die veld af geblaas in sy wegholoorwinning met 45-12 in Sydney nadat hy met rustyd reeds met 38-0 in die saal was.

Jake Gordon seil oor die doellyn vir een van sy drie drieë teen die Reds. Foto: Getty Images

Die Reds was laas só sleg in die eerste helfte toe die Bulle hulle met 92-3 geslag het in die laaste ronde van 2007 se Superrugby-reeks.

Die Pretorianers het destyds self teen rustyd vyf keer agter die doellyn gedraai om met 38-3 voor te loop.

Die enigste verskille in Saterdag se kragmeting was die teenstander en die feit dat die Reds ná die omdraaislag ’n rapsie beter vertoon het terwyl die Waratahs die voet van die versneller afgehaal het.

Nietemin was die Reds so pateties dat selfs Warren Gatland se segelose Chiefs-span in Nieu-Seeland se Aotearoa-reeks nie eens sou wakker lê as die twee spanne mekaar moes pak nie.

Jake Gordon, die Waratahs se skrumskakel, was presies die tipe pes vir die Reds soos wat van ’n goeie 9 verwag word.

Hy het sy driekuns binne net 26 minute voltooi en in daardie stadium was die skrif lankal aan die muur vir die Reds.

Vir sy eerste drie was Gordon se ondersteunende spel perfek.

Vir sy tweede was hy eenvoudig heeltemal te op en wakker vir sy teenstanders met ’n vinnige tikskoppie wat die Reds onkant betrap het en hom in staat gestel het om verspot maklik oor te duik.

Om sy driekuns te voltooi het hy die bal vanaf ’n swak lynstaan deur die Waratahs gegryp, waarna die verdediging voor hom pad gegee het en hy 60 m genael het om oor die doellyn te seil.

Drieë deur Jack Maddocks, Alex Newsome en Tom Horton het verder die skade aangerig.

Die plaasvervanger Jack Hardy en die losskakel James O’Connor het in die tweede helfte vir die Reds gedruk, maar dit was hopeloos te min.

Hy was dalk nie onder die puntemakers nie, maar die 22-jarige James Ramm het die Reds hoofbrekens gegee.

Dié regtervleuel van die Waratahs was oral en het ’n hand in verskeie van sy span se drieë gehad.

Puntemakers:

Waratahs 45 (38): Drieë: Jake Gordon (3), Jack Maddocks, Alex Newsome, Tom Horton. Doelskoppe: Will Harrison (5), Tom Horton. Strafdoel: Harrison.

Reds 12 (0): Drieë: Jack Hardy, James O’Connor. Doelskop: O’Connor.

Meer oor:  Sydney  |  Waratahs  |  Superrugby Au-Reeks  |  Reds
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.