Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Talent maak jou nie Bok, sê Rassie

Rassie Erasmus, die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (Saru) se direkteur van rugby, sê daar is “min of meer 75 spelers” in die stelsel wat van “Springbok-stoffasie” is.

Maar wat gaan dit van hulle verg om ’n ernstige aanspraakmaker op ’n plek in die Bok-afrigter, Jacques Nienaber, se 23-tal te maak?

Rassie Erasmus, die Suid-Afrikaanse Rugbyunie se direkteur van rugby, sê ’n speler se ingesteldheid is ’n groter faktor as talent in spankeuses. Foto: Gallo Images

“Daar word dikwels oor die dinge gepraat wat ’n 1%-verskil sal maak om jou bo uit te bring. Ek dink ons het in die verlede, en ek was ook daaraan skuldig, te veel op die 1% gekonsentreer, maar 80% verkeerd gekry,” sê hy in ’n Saru-podsending.

“Daardie 80% is om besonder professioneel te wees, hard te werk en eienaarskap te neem.”

Erasmus het twee dieetkundiges wat met spelers werk, maar sê sulke dinge sal nie deurslaggewend wees nie.

“Jy kan nie ’n dieetkundige hê, maar in belangrike afdelings van die spel tekortskiet nie,” sê hy.

“Ek dink die oomblik wat ons die standaard in die Bok-kamp neergelê en gesê het ‘luister, dis hoe ons werk en professioneel ons is’, dán maak die ‘eenpersenters’ soos ’n dieetkundige ’n verskil. Dis waarskynlik meer as 1%, dalk vyf of ses.”

Waarna kyk ons? Jy moet ’n kryger wees.
Rassie Erasmus

Erasmus sê in sy jongste bydrae op sosiale media dat talent alleen nie die belangrikste faktor vir ’n speler is om die hoogste sport te bereik nie.

“Die ouens wat meer eienaarskap neem en relatief talentvol is, is die regte mense. Selfs as hy ’n bietjie minder (talentvol) is, maar die regte ingesteldheid het en eienaarskap neem ... dís ’n spanspeler. Dis ’n faktor om die regte mense te vind en geld ook afrigters,” sê Erasmus op Twitter.

“Moenie dink talent alleen gaan jou bo uitbring nie. Moenie dink individuele dinge op die veld gaan jou daar bring nie. Dít sal onbestendigheid skep, want jy fokus op jouself.

“Waarna kyk ons? Jy moet ’n kryger wees. Wys my ’n speler in ons span wat ons verlede jaar gekies het wat bang was. Ons het nie ’n span gekies waar die ouens nie leeuemoed het nie.”

* Waarskuwing: Die video bevat kru taal en vloekwoorde.

Meer oor:  Bokke  |  Springbokke  |  Rassie Erasmus  |  Rugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.