Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Taute hoop hy kan sy vuur by Munster herwin
Taute

In ’n skuif wat Jaco Taute hoop hom sal help om weer die soort rugby te speel waarmee hy in 2012 sy Springbokbaadjie verwerf het, sal hy hom volgende week by Rassie Erasmus se Ierse klubspan Munster aansluit.

Hy is as ’n plaasvervanger vir die beseerde Francis Saili (skouer) gekontrakteer. Die WP sal volgens Rapport se inligting nie in Taute se pad staan nie.

Een van sy WP-spanmaats, Kobus van Wyk, kan ook binnekort die fynere detail van sy kontrak met die Franse klubspan Bordeaux (Steven Kitshoff s’n) bekend maak. Van Wyk word as ’n “mediese” plaasvervanger benodig. Hy kan ná sy beplande Franse draai ’n Haai word, met die Durbanse span wat die 24-jarige vleuel as ’n plaasvervanger vir die senter Paul Jordaan wil hê.

Erasmus het Taute aanvanklik vir vyf maande gekontrakteer, maar beplan om dit te verleng.

Die 25-jarige Taute is sedert 2013 deur beserings geteister. Sy lang lys van beserings het ernstiges soos ’n gebarste testikel en knieoperasies ingesluit. Weens sy beserings kon hy die Stormers net in 23 wedstryde verteenwoordig. Taute sal hom in Limerick by sy gewese WP-spanmaat Jean Kleyn aansluit.

Kleyn is reeds voor die Curriebeker deur die WP vrygestel om ’n Munster-aanwins te word.

Meer oor:  Jaco Taute  |  Munster
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.