Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Taute: Met skete kan jy nie onderhandel
Jaco Taute in aksie vir die Westelike Provinsie tydens ’n Curriebeker-wedstryd in 2015. Foto: Gallo Images

’n Rugbyspeler kan nie oor sy toekoms onderhandel wanneer hy langs die kantlyn is nie, sê Jaco Taute, ’n oud-Bok, wat vir die Ierse klub Munster speel.

Die 27-jarige Taute, wat in 2016 sy heil in Ierland gaan soek het, se kontrak met Munster verstryk in Junie 2019.

“Ek is oopkop oor my toekoms. Munster is baie goed vir my en ek geniet dit hier. Ek sal kyk hoe dinge ontvou, maar ’n ou moet speel om oor jou toekoms te kan onderhandel,” sê Taute, ’n veelsydige agterspeler.

Hy het onlangs ’n kniebesering opgedoen in ’n wedstryd teen die Cardiff Blues, dieselfde span teen wie hy verlede jaar ook sy knieligamente geskeur het.

Die eerste besering het hom omtrent ’n jaar langs die kantlyn gehou en hy was nét terug op die veld, toe slaan die noodlot weer toe.

“Ek het teen Cardiff Blues ’n stamp teen die knie gekry, wat my weer ses weke van die veld gehou het. Dit is nie maklik om positief te bly nie, die enigste ding wat dit makliker maak, is dat ek weet wat die besering behels,” sê Taute.

Voor daai besering was Taute, wat die Springbokke in drie toetse verteenwoordig het en vir die Leeus en Stormers in Suid-Afrika uitgedraf het, ’n sensasie vir Munster.

Jaco Taute word op die veld behandel tydens Munster se wedstryd laat in September teen die Cardiff Blues in Limerick. Foto: Getty Images

Hy is selfs ná die 2016/’17-Pro12-seisoen in die kompetisie se Droomspan ingesluit.

Taute sê egter hy is weer fiks en hoop om vir Munster se volgende Pro14-wedstryd, oor twee weke teen die Italiaanse klub Zebre, oorweeg te word.

Hy besef egter maar te goed dat hy nie net in die span gaan instap nie.

“Voor daardie besering (verlede jaar) was ek die eerste keuse in my posisie. Die beserings het meegebring dat ek in die rangorde geval het.

“Al wat ek nou kan doen, is om my beste spelpeil te herwin en dít te beheer wat ek kan,” sê Taute.

Meer oor:  Jaco Taute  |  Kaapstad  |  Engeland  |  Rugby  |  Senter  |  Besering  |  Munster  |  Bokke  |  Stormers
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.