Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
‘Te veel, te gou van Cheetahs verwag’

Die verwagtinge rondom die Cheetahs en hul vertonings in die Pro14-reeks is te groot en moet verander, sê die breier Franco Smith.

Ja, sê hy, hy en sy jong span wil sien dat dinge verander en dit gaan ook, maar nie oornag nie.

Smith het die media te woord gestaan nadat sy span Maandag in die Rosestad aangekom het ná twee groot Pro14-nederlae teen Munster in Ierland en die Ospreys in Wallis.

Aidon Davis staan sy beseerde kaptein, Oupa Mohoje, se skoene vol. Foto: Getty Images

“Ons het aan die begin gesê ons het ’n visie en dit is om wedstryde in albei kompetisies (Curriebeker- en Pro14) te wen. Die missie is om spelers te ontwikkel, groot te maak en betrokke te kry by ons span sodat ons dit kan regkry.

“Daar moet nie ’n verwagting wees dat dit oornag gaan gebeur nie. Wat ek gesê het, is dalk verkeerd vertolk en mense het gedink dit gaan hierdie jaar al gebeur. Ons wil hê dit moet vanjaar al gebeur, maar dit is ’n proses,” sê Smith.

Hy het daarop gewys dat op hul onlangse toer slegs agt spelers uit verlede jaar se groep was wat toe deur Rory Duncan afgerig is.

“Ons het teen die einde van die seisoen nie net 13 spelers verloor nie. Daar was ook Sergeal Petersen, Raymond Rhule en Rosko Specman, spelers in die agterlyn met baie ondervinding.

“Dit is nie ’n geval van ’n aansit en afsit-knoppie nie – ek moet dit duidelik maak.”

Hoe nou gemaak met die goeie tuisrekord van verlede seisoen en dit nogal teen ’n span wat al hier gewen het?

“Ons moet nie net konsentreer om te wen nie, maar hoe om te wen.”

Een van die nuwelinge in die span, Aidon Davis, wat die beseerde Oupa Mohoje se skoene op flank volstaan, sê hulle sien uit na hul eerste tuiswedstryd Saterdag teen die Glasgow Warriors.

“Dit was twee harde naweke in Europa, maar ons sien uit daarna om by die huis te wees en ons soort rugby hier te speel,” sê Davis.

“Ons weet waaraan daar gewerk moet word en ons skuld die ondersteuners ’n goeie vertoning.”

Die Cheetahs sal Woensdag hul eerste oefening hê.

Hul Skotse teenstanders oefen in Johannesburg en sal eers Vrydag na Bloemfontein reis.

Meer oor:  Glasgow Warriors  |  Pro14  |  Cheetahs  |  Franco Smith
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.