Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Terugslag vir Whiteley met herstelproses
Warren Whiteley by Saterdag se Curriebeker-wedstryd tussen die Leeus en Blou Bulle op Ellispark. Foto: Gallo Images

Hoe meer haas, hoe minder spoed.

Die voormalige Springbok-rugbykaptein en agtsteman, Warren Whiteley, het dit tot sy spyt uitgevind toe daar onlangs besluit is om sy herstelproses met ’n kniebesering te probeer versnel sodat hy slaggereed kan wees vir die Wêreldbekertoernooi in Japan.

Toe Ivan van Rooyen, die Leeus-afrigter, vir wie Whiteley speel, Saterdagaand gepols is oor sy vordering met sy besering, het hy gesê: “Ek gaan maar eerlik wees. Warren is op ’n versnelling-proses geplaas om hom gereed te kry vir die Wêreldbeker.

“Maar hy het nie daarop gereageer soos daar gehoop is nie. Hy is toe eintlik daarmee ’n paar treë teruggesit in sy herstelproses en neem dinge nou maar letterlik week vir week. Dit is nou ’n ope vraag wanneer hy weer sal kan speel,” het Van Rooyen gesê.

Die uurglas loop egter nou vinnig leeg vir Whiteley om op die vliegtuig Japan toe te klim.

Hy sal nie in enige van die toetse in die aanloop tot die toernooi kan speel nie en die kans raak ook al hoe skraler dat hy vir die Leeus in die Curriebeker in aksie kan wees.

Die Leeus speel Sondag op Ellispark teen die Haaie en volgens Van Rooyen kan enkele van die ander beseerdes soos Dylan Smith, Cyle Brink en Courtnall Skosan dalk vandeesweek saam met die groep begin oefen.

Daar is ook ’n kans dat Marvin Orie, wat saam met die Springbokke in Nieu-Seeland en Argentinië was, dalk ook oorweeg kan word.

Meer oor:  Warren Whiteley  |  Johannesburg  |  Besering  |  Springbok  |  Curriebeker  |  Rugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.