Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Thelo nuwe Luiperd-ringkop?

André May gaan in April die leisels as president van die Luiperds-rugbyunie (LRU) neerlê.

Adv. André May/Foto: Argief

Hy het op Facebook geskryf dat die tyd aangebreek het “om ’n nuwe generasie die geleentheid te gee om die leierskap by die Luiperds-rugbyunie oor te neem”.

In sy skrywe voer hy aan die vereistes van sy praktyk as regsgeleerde vereis van hom dat hy nie meer genoegsame aandag aan die amp as president van die Luiperds kan spandeer nie.

“Dit is dus teen hierdie agtergrond dat ek bevestig dat ek nie op 16 April 2019 vir herverkiesing beskikbaar sal wees nie.

“Ek bedank julle almal vir die ondersteuning wat julle die afgelope paar jaar aan my gegee het en wens die Luiperds-rugbyunie net die beste vir die toekoms,” skryf May.

Hy het in 2010 president van die Luiperds geword en in verlede jaar die opskrifte gehaal toe hy Mark Alexander uitgedaag het vir die pos van president van die Suid-Afrikaanse Rugbyunie.

Wie hom gaan opvolg is onduidelik, maar die mantel kan maklik op Thelo Wakefield, voormalige president van die Westelike Provinsie Rugbyunie, val.

Wakefield is in Februarie as ’n direkteur in die Luiperds se sakevleuel aangestel.

Meer oor:  Andre May  |  Thelo Wakefield  |  Luiperds  |  Wp  |  Rugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.