Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Thomson sien uit na vennootskap

Hy was lugtig vir die hoogte bo seespieël in Bloemfontein, maar toe kry die Vrystaatse sonnetjie hom beet.

So sê Brandon Thomson, die nuwe losskakel wat Vrydag uit Skotland in die land aangekom het en Dinsdag sy eerste oefening saam met die Cheetahs gehad het.

Brandon Thomson lê aan pale toe in ’n wedstryd vir die Glasgow Warriors. Foto: Getty Images

“Dit was nogal ’n aanpassing (wat die toestande betref),” sê die voormalige Junior Bok, wat ná sy paar jaar in die Kaap sy loopbaan by die Glasgow Warriors in Skotland gaan voortsit het.

Die 25-jarige Thomson sê hoewel hy nie in die Warriors se laaste twee wedstryde in Februarie in aksie was nie, het hy nog heeltyd saam met die span geoefen. Sy laaste wedstryde, een as plaasvervanger, was die twee derbies teen Edinburgh in Januarie.

Hy het Dinsdag met die intrapslag kans gekry om saam met die agterlyn te hardloop.

“Dit was gaaf van Hawies (Fourie, afrigter) om my te betrek en met hul bewegings vertroud te maak.”

Die wyse waarop die Cheetahs speel, is een van die redes waarom die belowende losskakel terug in die land is.

“Daar was beslis iets van hulle wat my aandag getrek het. Hulle het dit altyd moeilik vir jou gemaak,” sê Thomson, wat in die Pro14-reeks met die Cheetahs te doen gekry het.”

Hy en sy verloofde – sy is van Gqeberha (Port Elizabeth) – wou met die Covid-19-pandemie ook nader aan hul familie wees. Hulle was in Januarie 2020 laas in die land.

Thomson was sedert 2017 by die Warriors en sê die vier jaar weg was lank genoeg gewees.

Thomson sien nou daarna uit om saam met ’n ervare skrumskakel soos Ruan Pienaar te speel.

“Dis ’n pluspunt dat hy nog hier is. Ek het ’n keer of wat toe hy nog vir Ulster (in Ierland) gespeel het teen hom gespeel. Ek gaan beslis sy kennis tap en met hom oor sy denkwyses gesels.”

Thomson is vir twee jaar deur die Cheetahs gekontrakteer nadat Tian Schoeman hom by Bath in Engeland aangesluit het. In die afgelope Curriebeker-reeks is Reinhardt Fortuin en ’n keer ook die veelsydige Frans Steyn op losskakel ingespan.

Fortuin het ’n kuitbesering in die Cheetahs se eerste voorbereidingswedstryd Saterdag in Kaapstad opgedoen.

Thomson sê hy sal so goed as moontlik voorberei indien hy dalk Woensdag teen die Haaie in Bloemfontein benodig word.

Thomson was aan die Hoërskool Ermelo op skool en het in 2012 én 2013 se Cravenweek-toernooie vir die Pumas gespeel. Dié Suid-Afrikaanse Skolespeler is toe na die Maties, waar hy ook vir die Westelike Provinsie en Stormers gespeel het voordat hy na Skotland is.

Meer oor:  Brandon Thomson  |  Cheetahs  |  Voorbereidingsreeks  |  Rugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.