Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Tiende nederlaag op ’n streep vir Chiefs

Die rugbyspan van die Chiefs het Vrydag sy tiende agtereenvolgende nederlaag gely, terwyl die Western Force daarin geslaag het om dieselfde onaangename mylpaal net-net te vermy.

Die Highlanders het die Chiefs in Hamilton in Nieu-Seeland se Superrugby Aotearoa-reeks met 39-23 verslaan.

Jona Nareki van die Highlanders skuif oor die doellyn vir een van sy drie drieë teen die Chiefs. Foto: Getty Images

In Sydney het die Force vasgebyt om die Waratahs in die Australiese Super-reeks met 20-16 te verslaan.

As daar een speler is wat die wedstryd tussen die Highlanders en die Chiefs nie gou sal vergeet nie, is die die Highlanders se sterk linkervleuel, Jona Nareki.

Nareki het drie drieë gedruk en het die aanvoorwerk vir nog een gedoen.

Dit was ook hy wat die gang van die wedstryd kort voor die rustyd verander het toe hy ’n losbal in sy eie kwartgebied in die hande gekry en losdeur genael het vir sy eerste drie.

Voor dit was sy span met die telling 20-6 in die guns van die Chiefs diep in die moeilikheid gewees.

Die Western Force-slot Jeremy Thrush aan die storm in Vrydag se wedstryd teen die Waratahs. Foto: Getty Images

Die Highlanders se dissipline was vir die grootste gedeelte van die eerste helfte nie goed nie en dit het toe gelyk asof hulle ’n groot pakslae sou kry.

Die kragmeting tussen die twee Australiese spanne het vir mededingende en vermaaklike rugby gesorg.

Daar was selfs ’n paar dramatiese oomblikke, soos toe die Force se plaasvervanger-haker, Andrew Ready, 16 minute voor die einde met ’n rooikaart afgestuur is omdat hy ’n vuishou gegooi het.

Die Waratahs het ’n baie beter vertoning gelewer as in hul twee vorige wedstryde en het veral met meer oortuiging verdedig.

Dit was egter die Force, wat ná nege agtereenvolgende nederlae honger was vir ’n oorwinning, wat die laaste gekraai het.

Een van hul grootste uitblinkers was die vurige flank Tim Anstee, wat ook ’n drie gedruk het.

Puntemakers: Highlanders 39 (11): Drieë: Jona Nareki (3), Folau Fakatava, Shannon Frizell. Doelskoppe: Josh Ioane (4). Strafdoele: Ioane (2). Chiefs 23 (20): Drieë: Luke Jacobson, Damian McKenzie. Doelskoppe: McKenzie (2). Strafdoele: McKenzie (3). Western Force 20 (10):Drieë: Fergus Lee-Warner, Tim Anstee. Doelskoppe: Jake McIntyre (2). Strafdoele: McIntyre (1), Ian Prior (1). Waratahs 16 (13): Drie: Dave Porecki. Doelskop: Will Harrison (1). Strafdoele: Harrison (3).

• Die Wallaby-stut Scott Sio, wat ’n tyd lank met ’n rugbesering gesukkel het, is terug in die Brumbies se span wat Saterdag in Canberra in nog ’n wedstryd in die Australiese reeks teen die Melbourne Rebels speel.

Sio vervang nog ’n Wallaby-stut, James Slipper, wat op sy beurt nou las van ’n kniebesering het.

TV: Van 05:30 op SS Rugby (kanaal 211 op DStv).

Sondag speel die Crusaders en die Hurricanes in die Nieu-Seelandse reeks in Christchurch teen mekaar.

Meer oor:  Highlanders  |  Western Force  |  Superrugby Aotearoa  |  Chiefs
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.