Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Tiener-losskakel Kade in kollig
Kade Wolhuter Foto: Gallo Images

Geen rugbyspan kan optimaal funksioneer sonder ’n losskakel wat sy sout werd is nie, en Kade Wolhuter is daarom ’n jong man wat fyn dopgehou gaan word wanneer die Stormers Saterdag in die voorbereidingreeks in die Kaapstad-stadion vir die Cheetahs gasheer speel.

Wat die Stormers mee kan doen, is ’n losskakel met die soort selfvertroue waarmee die 19-jarige Wolhuter in Oktober verlede jaar ’n moeilike doelskop voor die oë van die nasionale afrigters, in die Groen teen Goud-wedstryd op Nuweland, deur die pale gejaag het.

Natuurlik is dit nie realisties om van Wolhuter te verwag om Saterdag ’n spelskepper en generaal par excellence te wees nie, veral gegewe dat die agterlyn waarin hy speel saamgeflans is.

Die Stormers stoot nietemin ’n skaflike vaste vyf in die veld en dit kan vir Wolhuter straks van die grondslag voorsien om sy kleim af te steek in ’n posisie waar daar in die Super Rugby Unlocked- en Curriebeker-reekse leemtes uitgewys is.

Abner van Reenen sal waarskynlik ook van die plaasvervangersbank af opgestuur word om te wys waartoe hy op losskakel in staat is.

Wolhuter staan egter voor in die tou nadat hy in die CB-reeks ’n bietjie speelkans van die plaasvervangersbank af gekry het.

Nóg ’n jongeling in die kollig is die flank Marcel Theunissen, wat die nr.6-trui gaan dra wat deur Siya Kolisi vakant gelaat is.

Theunissen, wat as ’n harde werker geloof word, ding straks met Nama Xaba mee om die Stormers se voorkeur-oopkantflank te wees.

Xaba is tans op die krukkelys, wat vir Theunissen ’n goeie geleentheid gee om sy aandele te laat styg.

Die Stormers se wenkanse sal afhang van hul vermoë om die Cheetahs voorlangs onder druk te plaas. Die Cheetahs het meer ervaring in hul agterlyn en as hulle besit op die voorvoet kry, kan dit nog ’n moeilike dag vir die Stormers raak.

  • Stormers: Tristan Leyds, Edwill van der Merwe, Ruhan Nel, Cornel Smit, Leolin Zas, Kade Wolhuter, Godlen Masimla, Juarno Augustus, Ben-Jason Dixon, Marcel Theunissen, Chris van Zyl (k), David Meihuizen, Neethling Fouché, Scarra Ntubeni, Ali Vermaak. PLAASVERVANGERS: Chad Solomon, Leon Lyons, Sazi Sandi, Johan du Toit, Ernst van Rhyn, Paul de Wet, Abner van Reenen, Mnombo Zwelendaba.
  • Cheetahs: Clayton Blommetjies, Duncan Saal, Chris Smit, Frans Steyn, Rosko Specman, Reinhardt Fortuin, Tian Meyer, Jeandré Rudolph, George Cronjé, Andisa Ntsila, Rynier Bernardo, Carl Wegner (medekaptein), Aranos Coetzee, Wilmar Arnoldi, Schalk Ferreira. PLAASVERVANGERS: Marnus van der Merwe, Conraad van Vuuren, Khutha Mchunu, Victor Sekekete, Aidon Davis, Ruan Pienaar (medekaptein), Dries Swanepoel, Rhyno Smith.
  • Skeidsregter: Rasta Rasivhenge.
  • Assistent-skeidsregters: Divan Uys en Dylan November.
  • TV-skeidsregter: Cwengile Jadezweni.
  • Afskop: 17:15 (kanaal 201, 211 op DStv).
Meer oor:  Kade Wolhuter  |  Stormers  |  Cheetahs  |  Nuweland
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.