Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Tiener moet Hane uit as help verrys

Frankryk se nuwe afrigter, Jacques Brunel, het ’n groot waagstuk aangegaan vir sy eerste wedstryd aan dié stuur van dié rugbyspan, deur ’n tiener op losskakel te kies vir Saterdag se Sesnasies-stryd teen Ierland.

Matthieu Jalibert, die tiener op losskakel vir Saterdag se Sesnasies-stryd teen Ierland. Foto: Getty Images

Die 19-jarige Matthieu Jalibert sal skaars drie maande ná sy eerste Top14-stryd vir Bordeaux-Bègles sy toetsdebuut in die Stade de France maak. Hy sal ’n skakelpaar met Maxime Machenaud vorm.

Nóg ’n groentjie, die heelagter Geoffrey Palis, sal ook sy toetsdebuut teen die gedugte Iere maak.

Brunel het Guy Novès as afrigter vervang nadat die Hane in 2017 ’n rampspoedige jaar beleef het. Onder Novès kon Frankryk net drie toetse in 2017 wen en het hy boonop teen Japan in ’n tuistoets gelykop gespeel.

Frankryk, wat in 2010 laas die Sesnasies-titel verower het, beklee tans die negende plek op die wêreldranglys en kan selfs verder tuimel as Brunel nie vinnig die skip kan omkeer nie.

* Frankryk se span is: Geoffrey Palis, Teddy Thomas, Rémi Lamerat, Henry Chavancy, Virimi Vakatawa, Matthieu Jalibert, Maxime Machenaud, Kevin Gourdon, Yacouba Camara, Wenceslas Lauret, Sébastien Vahaamahina, Arthur Iturria, Rabah Slimani, Guilhem Guirado (k), Jefferson Poirot. PLAASVERVANGERS: Adrien Pelissie, Dany Priso, Cedate Gomes Sa, Paul Gabrillagues, Marco Tauleigne, Antoine Dupont, Anthony Belleau, Benjamin Fall.

Meer oor:  Jacques Brunel  |  Hane  |  Sesnasies
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.